Man se verbrande lyk in veld gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om die identiteit van ʼn wit man, wie se verbrande liggaam in ʼn veld naby die R21-snelweg gevind is, vas te stel.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is omstreeks 14:00 Dinsdagmiddag langs die oprit na die R21 by Olifantsfontein gevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het die brandweer reeds ʼn klein brand geblus en gedurende verdere ondersoek is die man se verbrande liggaam gevind. Dit het gelyk asof sy voete vermoedelik met draad vasgebind is,” het Meiring gesê. Niks kon vir die man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Konst. Mokete Serakwana, polisiewoordvoerder van die Olifantsfontein-polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die man se identiteit of ouderdom kon nog nie vasgestel word nie. Die polisie kan net bevestig dat dit ʼn liggaam van ʼn wit man is.

“Die man se hande en voete was vasgebind en hy het met sy gesig op die grond gelê. Inligting oor wat presies gebeur het, is nog skaars. ‘n Ondersoek word gedoen om te bepaal hoe en wanneer die man dood is,” het Serakwana gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om die polisie by 08600 10111 in kennis te stel as ʼn familielid vermis word of as hulle meer inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mr P ·

Hoekom nou witman genoem. In die media mag jy nie praat van kleur nie. Nerens word daar van swartmense gepraat nie.

Nico Strydom ·

Dagsê Mr P
Die ras word in die geval genoem aangesien die polisie die publiek vir hulp gevra het om die oorledene se identiteit te probeer vasstel.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Jo ·

Shame, dis so tragies, hoop sy familie word opgespoor asook die booswigte wat daarvoor verantwoordelik was.

Petro ·

Ekt gister my dood geskrik toe ek die artikel lees want my boetie is op die oomblik in olifanstsfontein vir 2 weke kyk ekt hom so gou gebel soos ek kon om seker te maak hys ongedeerd en ek dank die liewe VADER dat hy my broer in sy hand hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.