Man se verkoolde liggaam in sloot gevind

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Die polisie in Pienaarsrivier buite Bela Bela (Warmbad) in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na die liggaam van ʼn onbekende man Sondag gevind is.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die man is vermoor, sy liggaam is in ʼn sloot gegooi en hy is aan die brand gesteek.

“ʼn Veewagter het in die bosse langs die R101 naby die spoorwegkruising gestap toe hy op die grusame toneel afgekom het. Hy het dadelik die polisie in kennis gestel,” het Seabi gesê.

Polisiebeamptes het vinnig reageer en die oorskot van die man in die sloot gevind.

Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie. Enigiemand met inligting word versoek om met die polisie kontak te maak.

Die polisie in KwaZulu-Natal het vroeër vandeesmaand ook ʼn saak van moord begin ondersoek ná die ontbinde liggaam van ʼn 46-jarige Ndwedwe-man in ʼn moeras naby sy huis gevind is. Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is laas op 29 Desember by sy huis gesien. Beamptes van die Umhlali-honde-eenheid en Durban se soek- en reddingseenheid is op 2 Januarie omstreeks 23:30 ontbied toe die man se liggaam gevind is. Mbele het gesê die man het verskeie beserings aan sy bors en maag opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.