Man, seun (8) sterf in in N1-ongeluk

Foto: Netcare911/Twitter

Foto: Netcare911/Twitter

‘n Man en ‘n agtjarige seun is dood nadat die motor waarin hulle gery het omgeslaan en verskeie kere gerol het op die N1 buite Kroonstad in die Vrystaat.

“Hulle was glo broers. Die bestuurder was in sy 20’s. Hulle was op pad na Johannesburg,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Botha sê geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Jong Laatie, waarskynlik ‘n BMW? Kan nou al seg spoed was betrokke!

Hennie Froneman ·

Ek was vandag self op die N1 vanJohannesburg na Bloemfontein onderweg toe die betrokke geel M3 teen ‘n geweldige vinnige snelheid verby gejaag kom het in die rigitng van Kroonstad, die registrasie nommer is KING TOY GP. Die voertuig het agter nog ‘n rooi Chevrolet Lumina bakkie, V8 WHO GP, aangejaag in die rigting van Kroonstad. Sowat 20 minute later het ek verby die ongelukstoneel gery waar die 2 lyke in die pad was en die betrokke rooi bakkie ook stil gehou het. Vreeslike toneel om te aanskou. Heeldag al ‘n hol kol op die maag na wat ek gesien het vandag. Dit het my laat dink aan die bord net anderkant die Kroonvaal plaza:”Don’t fool yourself, speed kills”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.