Man sewe keer naby kleinhoewes geskiet

Die polisie op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 35-jarige man is Dinsdagaand tussen kleinhoewes buite Heidelberg in Gauteng doodgeskiet.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 21:30 op ʼn pad tussen kleinhoewes in die Driemanskap-gebied, noord van die dorp, plaasgevind.

“Die Duduza-polisie het ʼn moordondersoek van stapel gestuur nadat hulle die man se liggaam in ʼn plas bloed aangetref het. Hy is sewe keer in sy kop en bolyf geskiet en is deur paramedici van Emer-G-Med op die toneel dood verklaar,” het Tshilate gesê.

Tshilate het gesê die polisie het op klagtes van ʼn skietery langs die Driemanskap-treinstasie gereageer en met hul aankoms die man se liggaam in die pad aangetref.

Die motief vir die skietery is onbekend. Die skieter of skieters is ook onbekend en word deur die polisie gesoek.

ʼn Familielid van die oorledene het hom reeds uitgeken. Sy identiteit mag egter nog nie bekend gemaak word alvorens al sy familielede van die dood in kennis gestel is nie.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel die polisie by 0860 010 111 of stuur ʼn SMS na 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Geen einde aan hierdie sinnelose moorde in hierdie siek land… wag tot afrika oopgestel word dan gaan jy ander chaos beleef.

S ·

7 keer in sy kop geskiet!!! Dis onmenslik… wie ookal dit gedoen het wou seker maak die person is vernietig! Hoe skiet mens iemand 7 keer in die kop! Suid Afrika raak by die dag erger… geen wonder soveel mense imigreer nie. Ons land val uitmekaar uit.

Steven ·

Beste besluit wat ons jong gesinnetjie net so oor die 5jaar terug gemaak het. “die motief is onbekend” ons weet oor wat dit regtig gaan. Ek dank die Vader elke dag dat ons daar kon uitkom, dat ek nie sulke tiepe misdade moet verduidelik aan my kids nie. Mag julle almal veilig wees!

Lees weer ·

S, hy is nie 7 keer in sy kop geskiet nie, hy is 7 keer geskiet, in sy kop en bolyf

Theresa B ·

Klink vir my na ‘n teregstelling en nie blote roof nie.

Petro ·

Wanneer gaan al die sinnelose moorde ophou?. Die wat die misdaad pleeg weet dat hulle miskien nie eers gevang gaan word nie en as hulle gevang word dan sloer die sake vir jare voordat hulle gevonnis word en wie moet vir hulle in elk geval sorg terwyl hulle verhoor afwagtend is??? ONS belasting betalers!! Na die hofsaak gaan julle tronk toe waar hulle as hero’s behandel word want hulle het mos moord gepleeg. Die tronke is oorvol en die howe stel die sake uit. Niks kom tot ‘n punt nie. Dit is so Suid Afrikaans en almal het die houding van wat nie vandag gedoen word nie sal ons maar more kyk. Die tyd toe die doodstraf nog in was was daar nie die helfde soveel misdaad in ons land nie, elke dag lees jy van kinderverkragting mishandeling en al die lelike goed maar niemand sien dit raak nie, dit het alles so algemeen geword dat niemand meer ‘n wenkbrou lig nie. Ons hou maar ons monde want ons is so bang om betrokke te raak.

Wentzel ·

Ons kan nerens heen nie want kyk hoe lyk Europa al van al die Afrika en moslem immigrante. Daar is dit selfmoord bomme. Dalk Amerika of Australie.

Zeus ·

Dit sal nie stop nie maar wel afneem as mense meer weerbaar begin raak wat misdadigers sal laat twee keer dink voor hulle probeer moor. Staan op wees n man bewapen jouself doen dit doen dit nou.

cor ·

ZEUS hoe wil jy jou self bewapen as die minister van baie praat en beloftes die wettige vuurwapen eienaars dan wil ontwapen ten koste van die moordenaars, verkragters en rowers.

Leon ·

Jy kan steeds lis kry…maar jy moet aansoek doen…anders sal jy nooit een kry

Peet J ·

Ek raai julle aan verkoop julle eiendomme indien jy een besit alvorens die regering dit sonder vergoeding gaan vat sodra hulle die Grondwet gewysig het, hulle is reeds besig om dit te implimenteer en niemand gaan hulle stop nie. Verhuis na die Wes -Noord Kaap daar het jy nog ‘n kans dat jou lewe gespaar gaan bly. Probeer om so na as moontlik by die see te bly, belê in ‘n boot en wanneer gevaar dreig gaan woon daarop.

JJ ·

Peet klink na ‘n goeie idee. Maar is ongelukkig nie prakties nie. Waar gaan almal bly en werk. En waar gaan ‘n mens kos en water kry as jy op die boot moet gaan bly.

Fires ·

Solank die mensdom die planeet bewoon sal die tipe geweld voorkom, dit is in ons gene, van die vroegste tye af tot die hede. Die manier van moor en uitwis verskil net.
Jy kan net jou kanse op bloodstelling verminder deur sekere gebiede te vermy maar dit kruip orals in.

Peet J ·

JJ. dankie maar so terloops waar gaan ons bly as die regering ons eiendom /grond konfiskeer sonder vergoeding of met vergoeding gebasseer met ‘n minimale finansiele uitbetaling. Ek sien regtig nie kans vir ‘n plakkerskamp nie maar om op ‘n boot waarin ek dalk belê het tydelik te gaan woon wanneer gevaar dreig behoort nie so onveilig en ongerieflik te wees nie. ‘n Mens moet net naby ‘n dorp of stad wees. Ek dink nie ons het ‘n wye keuse wat die toekoms aanbetref nie, of het ons ?

Greg ·

Sinneloos! Barbaars verby! Stem saam, misdaad ruk nou behoorlik hand uit in ons land. Tog is daar nog plekke waar mens in relatiewe veiligheid kan bly. Ek sê elke dag dankie dat my ouers destyds hul plaas verkoop het. Hul woon nou in ‘n sekuriteitskompleks in die Wes-Kaap. Dit was ‘n geweldige aanpassing vir hul maar ten minste lê ek nie nagte om en bekommer oor my bejaarde ouers alleen op ‘n plaas nie. Ek bid vir almal wat NIE soortgelyke stappe kan neem. Maar bowenal bid ek vir ons land. Mag die Groot Hand ingryp…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.