Man sien gru-ongeluk waarin swaer been verloor

WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Luke van den Berg. Foto: Verskaf

Luke van den Berg. Foto: Verskaf

ʼn Man van Vereeniging se been moes Dinsdagoggend geamputeer word nadat hy Maandag in ʼn gru-botsing betrokke was.

Luke van den Berg (24) word tans in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se waakeenheid behandel. Esmarie Kotzee, Van den Berg se niggie, het aan Maroela Media gesê hy is op ʼn asemhalingsmasjien geplaas en het sy toestand as ernstig beskryf.

“Hulle het aanvanklik vir ons gesê hulle sal al sy ledemate kan red, maar moes toe vanoggend [Dinsdag] 03:00 sy been amputeer,” het sy gesê. “Sy arm is ook baie sleg gebreek en sy elmboog het heeltemal uit posisie geskuif.”

Kotzee het gesê Van den Berg was glo omstreeks 16:00 met sy motorfiets op pad om vir sy swaer brandstof te neem nadat sy motor naby Meyerton langs die pad gaan staan het. “Hy was by die plek waar sy swaer gaan staan het en wou van die pad af trek toe ʼn motor skielik teen ʼn vreeslike spoed van agter teen hom gebots het. Sy swaer het gestaan en kyk hoe die ongeluk gebeur. Hy het etlike meters deur die lug getrek voordat hy langs sy swaer se motor te lande gekom het.”

Volgens Kotzee ondersoek die polisie die botsing.

“Die hartseerste van alles is dat hy hierdie week met sy nuwe werk sou begin. Hy was voorheen ʼn veiligheidsbeampte, maar toe vir ʼn ruk werkloos voordat hy hierdie nuwe werk gekry het. Nou lê hy in die hospitaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dis verskriklik hartseer. Daardie tyd van die dag is iemand op ‘n motorfiets tog sigbaar, wat hét die bestuurder wat hom getref het dan gedink?

Rissiepit ·

Baie sterkte Luke, ek hoop op n spoedige en volkome herstel.

Karin ·

Ek is Luke se tannie. Baie dankie vir al die omgee en gebede. By ons Hemelse Vader is Luke neergele, en glo en vertrou ons dat Lukie vinnig sal herstel. Ja, ons wee is nie God se wee nie. Maar dit bring berusting in die wete dat daar so baie gebede vir Luke opgaan. Dankie daarvoor. Seen vir elkeen.

Hestie ·

Sterkte aan die arme jongman… sjoe wat gaan aan met die mensdom wat soos besetenes jaag op ons paaie??? Vandag het n sedige ou tannie in n uno selfs voor my voertuig ingejaag en nogal middel vinger gegooi sover sy aanjaag. Ag sies mense…as jy nie oordentelik kan bestuur nie bly liewer van ons paaie af!!! Maar ek weet ongelukkig sal die padvarke nie hier lees nie…hulle sit seker nog en suip by die hotel….

Giel ·

Mevrou jy wat so maklik oordeel. Ek wil net vir jou een ding se, nie almal van ons wat by die hotel suip jaag. Sies.

Piet Pompies ·

Ek hoop dat elkeen wat die berig lees en ‘n motorfiets op ‘n openbare pad gebruik, die motorfiets gaan verkoop en ‘n motor in sy plek aanskaf. In Suid Afrika is daar net te veel onopgevoede padgebruikers wat motorfiets ryers onnodig leed aandoen.

Biker ·

Mnr Piet Pompies, het jy al besef hoe die verkeer gaan wees as alle motorfiets ryers karre moet aanskaf? JY gaan later by die werk kom want die pad gaan BAIE besig wees.
Ons verkies motorfietse want ons het nie nodig om in die verkeer te sit nie, ons spaar geld met bande & brandstof en ons spaar tyd, nie net vir ons, maar vir julle ook.
Dis Meer padvarke wat nie kan bestuur nie se skuld dat so iets gebeur, Geen pad bestuurder is meer oplettend en versigtig as Motorfiets ryers nie.

Piet Pompies ·

Ek praat uit ervaring – 1983 My broer verloor sy arm en been in motorfiets ongeluk, hy was onskuldig, dit het sy lewe negatief verander tot sy dood. Die familie het ook swaar gehad. 2012 – Dieselfde broer se seun in motorfiets ongeluk, permanente brein skade, sal nooit weer kan werk. 2015 – Goeie vriend in motorfiets ongeluk, is tans in rehab. In al die gevalle trek die families finansieel en emosioneel swaar agv die ongelukke. Ons is almal nog steeds pro bike, het net die padfietse geruil vir veldfietse waar toestande soos ander gebruikers beheer word. ‘n Padfiets bied jou minder tot geen beskerming in geval van ‘n ongeluk waar twee of meet voertuie betrokke is, punt

Rissiepit ·

Wat van ALLE padgebruikers (“bikers” en motoriste) moet versigtig wees?? Ek sal VERSEKER NIE my motorfiets verkoop omdat daar ongelukke is nie. As jy vandag op jou motorfiets of in jou kar klim, is daar ‘n risiko aan verbonde. Ek is nie ‘n statistiek kenner nie, maar ek is seker daar is meer kar ongelukke as motorfiets ongelukke? Ek se weer, ALMAL moet versigtig en verantwoordelik wees.

Zenobia ·

Hi almal. Luke is eintlik nog jonger. Hy is 24 jaar oud. Hy is n wonderlike mens wat nooit twee keer dink om enige iemand te help nie. Hy is fisies en geestelik die sterste mens wat ek ken. Ek weet dat hy hier deur sal kom. My boetie, ek is verskriklik baie lief vir jou en wens dat dit nooit met jou gebeur het nie want jy verdien dit nie. Maar die liewe Vader gaan saam met jou die pad stap en Hy gaan jou dra waar jy dit nodig het.

Phillip ·

Dagsê Zenobia

Dankie vir die inligting, ons het die berig gewysig.

Groete, Maroela Media

Yvonne ·

Luke Al ons gebede is met jou!
Sterk wees seun, jy is voor ons Liewe Heer se voete neer gele en Hy sal jou genees.
Daar is te veel mense wat vir jou bid en jou opdra aan die Here, jy sal sterker hier uitstap
Die Here se genade is Groot!

Shaun Venter ·

Sterkte ou maat, dit is vir ons almal n groot skok om te hoor wat met jou gebeur het.
Jy is in ons gebede.

Judy-anne ·

Ag siestog dit is vreeslik om mens se geliefde te sien so, baie sterkte vir hom Hou aan Bid en Glo ons dien ‘n baie magtige Heer baie sterkte

Stanley ·

Ou mater, ons mis jou bd gym man! Dis n skok waardeur ons almal moet kom maar ek weet jy sal deurdruk ou mater! Sterkte vir die familie en ek hoop om sommer gou daar by jou uit te kom draai sodra jy beter is maat.
My gebede is met jou en ek weet jy sal baklei!
Sterkte my vriend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.