Man sit lank na hy bejaarde verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mpumalanga wat ʼn 76-jarige vrou met ʼn speelgoedgeweer gedreig en toe herhaaldelik verkrag het, is Vrydag in die Nelspruit-streekshof gevonnis.

Landdros Andre Geldenhuys het Dumisani Mlimi (26) tot 45 jaar tronkstraf gevonnis. Mlimi het op 26 Julie 2011 die bejaarde vrou aangeval en verkrag. Hy het haar ook van haar selfoon en kontant beroof.

Mlimi het ook vroeër dieselfde dag ʼn vrou aangeval en beroof. Hy het ook nadat hy die bejaarde vrou verkrag het, nog ʼn vrou aangeval. Lede van die gemeenskap het tot haar redding gekom en Mlimi aangerand.

Volgens Geldenhuys het Mlimi nie berou getoon vir sy dade nie en is hy ʼn gevaar vir die samelewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

45 JAAR!! BIG DEAL!!! Na 8 jaar word hy op parool vrygelaat. MARK MY WORDS!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.