Man sit lank ná hy polisieman skiet, beroof

Argieffoto

ʼn 21-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek in die Ntuzuma-streekhof tot 33 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord, huisroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê Sanele Armstrong Mhlongo het in Augustus 2015 ʼn polisiebeampte in die Ezimangweni-gebied in sy diensmotor geskiet en toe sy vuurwapen gesteel.

Mbhele sê hy is later vasgetrek en in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen omdat die polisieman se pistool in sy besit was.

Mhlongo is tydens ʼn ondersoek ook verbind met ʼn gewapende roof in dieselfde omgewing.

Die Ntuzuma-streekhof het hom gister tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord, 15 jaar vir huisroof en drie jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde wapen.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale woordvoerder, het die vonnis verwelkom.

“Die beskuldigde het bewys dat hy nie verdien om op vry voet in die gemeenskap rond te loop nie. Ons is verder ook dankbaar dat die man met die ander misdaad verbind kon word en nou vir sy oortredings moet boet,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zoom zoom ·

As hy in die SA WEERMAG was het hy nou vry rond geloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.