Man sit lank na hy stiefdogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 38-jarige man is Donderdag in die Kroonstad-streekshof gevonnis vir die verkragting van sy negejarige stiefdogter.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die 38-jarige man is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Volgens Thakeng het die man op 15 Desember 2013 sy stiefdogter by hul huis in Gelukwaarts in Maokeng verkrag. “Hy het haar op die bed gedwing en verkrag. Die meisie het aan die polisie gesê sy is sedert 2010 verkrag.” Die man is in hegtenis geneem maar is hy later op borgtog vrygelaat.

Thakeng het gesê die man het op 13 Oktober 2014, terwyl hy op borgtog was, die meisie weer verkrag toe sy tuisgekom het van die skool af. “Die meisie het haar ma vertel sy is weer verkrag.”

Volgens Thakeng is die stiefpa weer in hegtenis geneem. Sy naam kan nie bekend gemaak word nie om die identiteit van die meisie te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Slaan my dronk ·

Dit slaan my dronk dat so man uitkom op borg,regtig hier het mense regte en die regering hierdie dogter gefaal, liewe kind mag jy nou beskermd voel en mag jy berading en hulp kry om uit hierdie siek situasie uit te kom en vir jou n mooi lewe te bou.

Pietman ·

Kan iemand(veral uit die regs wereld) my se wat die nut is vir al die ‘gelyklopende’ vonnisse? As ‘lewenslank’ lewenslank beteken het, kan ek verstaan dat dit net sal sin maak. Maar as’ lewenslank’ minder as ’30 jaar’ in die praktyk beteken , met nog jaaaare se afslag, wie ‘fool’ die howe eintlik? Die kriminele lag ons regstelsel af, want ons het mos mense (kriminele) regte!

Sarel Strydom ·

Dit is net die slagoffer wat lewenslank gevonnis is,nie die ou wat die daad gepleeg het nie. Tweedens ook net weer bewys dat borgtog te maklik toegestaan word. Daar behoort vir hierdie tipe aanklagtes geen borgtog te wees nie.

Johanna ·

Hoe is dit moontlik dat hy toegelaat is in dieselfde huis waar die siek dade gebeur het so iemand kan jy nooit vertrou nie.

Theresa ·

Die persoon wat borgtog aan hierdie moordenaar (want verkragting is net so erg soos moord) gegee het, is skuldig aan die onnodige herhaalde verkragting van hierdie kind.

Helena ·

Hoe was die man weer toegelaat om naby die arme kind te kom. Die ma moes mos seker gemaak het hy kom nie weer naby haar nie. Ek kan my nie in dink hoe daardie arme kind moet voel nie. Haar ma en die sisteem het haar teleurgestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.