Man sit lank ná moord op tiener en haar baba

Argieffoto

Argieffoto

Michael Fiets (24) is Woensdag in die hoogste hof in Grahamstad gevonnis vir die moord op sy 16-jarige meisie en hul vyf maande oue baba.

“Die moorde het op 30 Maart 2014 op die plaas Tweestrome net buite Cradock plaasgevind,” het kapt. Stefanie Smith, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Danksy die polisie se vinnige reaksie is die oortreder dieselfde dag van die voorval in hegtenis geneem.”

Fiets is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir elk van die twee aanklagte van moord. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

“Die suksesvolle vervolging van die beskuldigde in hierdie geval is ʼn duidelike boodskap dat oortreders aanspreeklik gehou sal word vir hul dade en dat die mishandeling en geweld teen vroue en kinders nie geduld sal word nie,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.