Kapt. Dineo Sekgotodi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê dié vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Oosthuizen het die moorde in Junie en Julie 2018 gepleeg.
Oosthuizen het Woensdag skuldig gepleit vir die moord op Potgieter en is Donderdag in die hooggeregshof in Mbombela tot lewenslank gevonnis. Hy is ook 15 jaar vir die roof opgelê en onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te hanteer.
Potgieter se liggaam is in Julie 2018 in die badkamer van haar selfsorgeenheid in die Macadamia-versorgingsoord in Mbombela aangetref. Haar hande was vasgebind en daar was ʼn voorwerp om haar nek gebind. Oosthuizen het Potgieter aangerand, vasgebind en verwurg. Hy het haar verder van ’n bedrag van R10 000 beroof en van die toneel gevlug.
Hy is kort ná die moord in hegtenis geneem, maar op borgtog vrygelaat waarna hy sy moordtog in Alberton in Gauteng voortgesit het.
Oosthuizen het Fenton op 1 September 2018 in haar huis in Alberton verwurg en is volgens Sekgotodi direk ná die voorval deur die Valke vasgetrek.
“Dit was tydens dié ondersoek dat Oosthuizen ook met die moord op Van Wyk verbind is,” sê Sekgotodi.
Van Wyk is op 24 Junie 2018, skaars ’n maand voor die moord op Potgieter, by die Rus ’n Bietjie-ouetehuis in Springs beroof en vermoor.
African Reporter berig dat Van Wyk se liggaam langs haar bed gevind is.
“Daar was ’n lap in haar mond gestop en haar hande en voete was vasgebind.”
Oosthuizen se medepligtige, John du Plooy (30), is saam met hom vir die moord en roof op Van Wyk gevonnis.
Van Wyk se dogter, Engela Brand, het destyds aan African Reporter gesê dat haar ma veronderstel was om saam met hulle met vakansie te gaan, maar dat Van Wyk kort voordat hulle sou vertrek siek geword het.
Luidens dié berig het haar dood die familie, wat al die hofverrigtinge bygewoon het, geruk.
“Die saak is ná Oosthuizen se inhegtenisneming in September afgehandel en hy is tot lewenslank vir die moord op Van Wyk gevonnis asook 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.
“Hy is in Desember 2019 ook ’n lewenslange vonnis vir die moord op Fenton opgelê en 25 jaar vir roof,” sê Sekgotodi.
Alberton Record het berig dat Du Plooy ook vir dié moord lewenslank agter tralies sal sit en boonop 20 jaar vir roof met verswarende omstandighede.
Genl.maj. Zodwa Mokoena, die Valke se provinsiale hoof in Mpumalanga, het die betrokke ondersoekspanne geloof vir hul werk om te verseker dat geregtigheid geskied.
“Ons waardeer die samewerking tussen die speurders en regbank om te verseker dat dié hartelose krimineel wat weerlose bejaardes geteister het, uit die samelewing verwyder is.”
Hoekom Shaun, hoekom!!
Die staat is 100% skuldig aan die dood van alle slagoffers nadat hy borgtog gekry het! Swape wat regeer!
Amen broer, amen.
Boewe moet meermale swaar gestraf word.
Sy eie mense wat hy so wreedaardig uitmoor. Hy moet baie siek wees en behoort permanent uit die samelewing verwyder te word.
3 x Lewenslank vonnis – gelyklopend ? Beteken dit
1 x Lewenslank
En dit beteken dat hy na ‘n paar jaar weer vry is want lewenslank is nie langer as 25 jaar nie.
Ek walg nou. Dat hy sy eie mense so wreedagtig vermoor het. Ek wens ek kon net 5 minute in n lamer saam met hom kry.
Eie mense of enige ander mens, dit bly koelbloedig.
Laat hom asb nooit uit op parool nie .
Moordenaar soos die wat inderwaarheid n psigopaat is mag nie borgtog gekry het nie. Wat n hopelose regstelsel. Die kinders moet die ataat dagvaar vir versuim om die oues te beskerm.
Waarom moet hy die vonnisse “gesamentlik” uitdien? Na my mening moet hy eers die 55 jaar uitdien, daarna moet elke “lewenslange” vonnis begin. As hy sy vonnisse “gesamentlik”uitdien is hy kort voor lank weer op straat.
Wat se spesiale omstandighede kan daar wees om borg te regverdig na die ou tannie se dood in Nelspruit.
Hierdie vonnisse wat samelopend uitgedien word is ‘n onding. Moordenaars soos hierdie hoortvdaardie vonnisse agtereenvolgens uit te dien wat sal beteken hy bly in die tronk vir altyd. Dit sal die regverdige ding wees om te doen.
Hy (of hulle) het 3 onskuldige mense – nogal weerlose bejaardes – vermoor. Ek dink sulke mense moet lewenslank sonder parool kry. Ek weet mens moet mense ‘n kans gee om weer hul lewe te hervat. Maar sommige misdade is ernstig en die vonnis moet dit ook beklemtoon. Ek dink misdadigers word te lig gestraf in ons land. Hy moet tenminste 75 jaar uitdien voordat hy parool kry. In Amerika sal hulle verseker lewenslank sonder parool gekry het.