ʼn Man van die Oos-Kaap is ses keer lewenslange tronkstraf opgelê vir ʼn reeks misdade insluitend verkragting, moord en seks met ʼn lyk.
“Morne Darries is Vrydag in die hooggeregshof in Grahamstown gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van vier verkragtings, drie moorde en lykskending,” het ao Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy is ook skuldig bevind aan diefstal en dwarsboming van die gereg.
“Darries het die reeks misdade gepleeg tussen Mei 2007, toe hy maar 16 jaar oud was, en 2013 toe hy as 23-jarige aangekeer en in hegtenis geneem is,” het sy bygevoeg.
Brig. Phillip Salukazana, bevelvoerder van die Uitenhage-polisie, het speurder ao Morne van Tonder geloof vir sy toewyding om die saak te ondersoek en Darries suksesvol te vervolg.
Wonder watse kinderjare Darries gehad het wat hom in so n monster laat ontaard het of het oorerflikheid n rol gespeel.