Man sit lank oor gru-verkragting

court-hammer_thumbʼn 25-jarige man is in die Vrystaatse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wrede verkragting van ʼn sesjarige meisie.

“Regter Johannes Moeng het Moses Motlatis Mpeli tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wrede verkragting van ʼn sesjarige meisie op 3 Desember,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die hof het gehoor dat Mpeli die meisie winkel toe gestuur het om vir hom iets te koop. Hy het haar beveel om in die huis in te kom toe sy teruggekeer het maar sy het geweier. Mpeli het haar opgetel en na sy kamer gedra waar hy haar verkrag het. Hy het haar met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel wat gebeur het. Die meisie het vir haar ma van die verkragting vertel. Die polisie het die man se huis deursoek en op ʼn T-hemp en kombers afgekom met bloed op.

Staatsaanklaer Amanda Bester het ter verswaring van vonnis gesê die hof moet Mpheli geen genade toon nie aangesien sy slagoffer permanente beserings opgedoen het. Die meisie het reeds vier operasies ondergaan.

Regter Moeng het tydens vonnisoplegging gesê die meisie het ernstige beserings opgedoen, sal nooit ʼn normale lewe kan lei nie en dat die beskuldigde lewenslank tronk toe gestuur moet word aangesien dit die enigste manier is om die gemeenskap te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre Visagie ·

Waarom kan Maroela media nie konsekwent in hul berigte meld of die persoon wat ter sprake is ‘n blanke, swartman, Indier of kleurling is nie. Dit is tog feite en geen rassime nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.