Man sit lank vir moord op vriendin, twee kinders

court-hammer_thumbʼn Man is in die hooggeregshof in Mahikeng tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin en hulle twee kinders, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Samuel Ndlovu (32) is Dinsdag gevonnis vir die moord op sy vriendin Jenaline van Rooyen (23), hul eenjarige dogtertjie en hul ongebore baba.

Ndlovu het Van Rooyen en hul eenjarige dogtertjie op 12 Januarie in Blydeville, Lichtenburg vermoor. Ndlovu het na die moorde Van Rooyen se baarmoeder oopgesny . “Hy het die fetus uitgehaal en keelaf gesny,” het Mokgwabone gesê. Ndlovu, van Zimbabwe, is dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sylvia ·

Hoop die vrou mense kan jou in die hande kry en presies dieselfde aan jou doen, jys nie n mens nie jys n monster wat verewig in die tronk moet bly sit en vrot

Vliegie ·

Daimn!. Hoe siek kan n persoon wees?. Om jou eie vlees en bloed do te vermoor. Nee kyk hul bly maar barbaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.