Man sit lank vir verkragting van bejaarde

Argieffoto.

Argieffoto.

Mdududzi Phenyane (33) wat Maandag skuldig bevind is aan die aanranding en verkragting van ʼn 74-jarige vrou is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof swaar gevonnis.

Regter Anton van Zyl het Phenyane tot lewenslange tronkstraf plus 20 jaar gevonnis. Van Zyl het in sy vonnisoplegging gesê Phenyane het beplan om die bejaarde vrou te verkrag terwyl hy sy klere uitgetrek, en ʼn kondoom aangesit het terwyl sy in haar woonstel se badkamer was.

Die vrou is in Augustus 2012 in haar woonstel in Pietermaritzburg aangerand en verkrag. Haar gesin wat in die aangrensende huis op die perseel woon, was nie tydens die voorval by die huis nie.

Sy het vroeër getuig dat sy pas uit die stort geklim het toe sy die man kaal in haar kombuis aangetref het. Die man het haar gewurg, op die grond neergegooi en verkrag. Die vrou is geslaan en geskop as sy op die vloer probeer beweeg het.

Sy moes vier dae ná die aanval in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal behandel word.

ʼn Skêr waarmee Phenyane die bejaarde gesteek het, is in sy besit gevind. Phenyane het ook die vrou se naaldwerkmasjien, R400 kontant en haar selfoon gesteel.

Van Zyl het gesê die vrou het fisiese en sielkundige lewensbedreigende trauma ervaar.

Hy het gesê Phenyane het geen berou gewys nie, wat skynbaar aandui dat hy min potensiaal het om te rehabiliteer terwyl hy in die gevangenis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.