Man sit lank vir verkragting van seun (7)

Argieffoto

Die Camperdown-streekshof in KwaZulu-Natal het ʼn 33-jarige man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 7-jarige seun.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo in Mei verlede jaar plaasgevind.

Volgens Zwane het die man die 7-jarige in sy huis oorval toe sy ouers nié tuis was nie en hom toe verkrag. Hy sê lede van die gemeenskap het egter die huis binnegestorm terwyl die man nog besig was om die seun te verkrag, en die polisie na die toneel ontbied.

“ʼn Saak van verkragting is by die Inchanga-polisiestasie geopen en die beskuldigde is onmiddellik in hegtenis geneem,” sê hy.

Dit is nie duidelik wanneer die man vir parool in aanmerking kan kom nie.

In ʼn ander hofsaak is ʼn 38-jarige man ook vandeesweek tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 55-jarige vrou. Die vrou het glo tuis saam met vriendinne gekuier toe die voorval gebeur het. Volgens Zwane het sy later aan die slaap geraak, waarna sy verkrag is.

Die KwaZulu-Natalse polisie sê dié vonnisopleggings dien as bewys dat geen misdadiger die gereg kan vryspring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Heleen ·

Dis goed so! Wens net hierdie moordenaars en verkragters kry ALMAL lewenslange tronkstraf!

Daarsy ·

Daarsy baie geluk Regter, iemand het wakker geskrik, lewenslank vir verkragting, daar is GEEN verskoning vir die gedrag en dit is onrehabiliteerbaar!

E.T. ·

Ek wonder net hoekom die skuldiges se name nie genoem word nie?

Sarel Strydom ·

Jammer, lewenslank slegs 25 jaar en kwalifiseer voor die tyd vir Parool. Dus , wat my aanbetref nie lank genoeg nie.

Lee ·

Lewenslange vonnis vir daai arme kind ook.. die skade wat dit rig is omkeerbaar. My hart gaan uit na sulke kinders wat geroof word van menslikheid en hulle onskuld..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.