Man sit lank vir verkragtings

tronkdeurʼn Man is sewe keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van 11 vroue en ʼn 14-jarige meisie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Zacharia Mogale Selowa (24) is tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis plus ʼn bykomende 130 jaar vir die 12 aanklagte van verkragting, vyf aanklagte van roof en een van ontvoering. Mulaudzi sê Selowa is in Maart verlede jaar vir die eerste keer in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 32-jarige vrou. Hy is op borg vrygelaat waarna hy die ander vroue, almal studente aan die Universiteit van Limpopo, en die 14-jarige meisie verkrag het. “Selowa sou wag vir studente om huis toe te gaan, hulle met ʼn mes dreig en dan na die plaaslike begraafplaas dwing waar hy hulle verkrag en beroof het. Een van die studente is ontvoer en vir ʼn dag lank herhaaldelik in ʼn verlate huis verkrag voor sy daarin kon slaag om deur ʼn venster te ontsnap.” Selowa is weer in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem en deur DNS-toetse aan die misdade verbind. Lt.genl.Sehlahle Masemola, polisiekommissaris in Limpopo, het die vonnis verwelkom. “ Ek is baie bly dat ʼn monster wat weerlose vroue en kinders aangeval het uit die samelewing verwyder is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.