Man sit lewenslank ná hy minderjarige verkrag

Argieffoto

ʼn 36-jarige man is verlede week in die streekhof in Schweizer-Reneke, Noordwes, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 11-jarige meisie.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die man het sy vriendin se 11-jarige dogter vroeg op Oujaarsaand in 2017 in die Ipelegeng-nedersetting digby Schweizer-Reneke in haar bed wakker gemaak en verkrag.

Die meisie het haar ma later die aand, omstreeks 20:00, van die verkragting vertel. Die man was toe nog vas aan die slaap in die dogter se bed.

Die ma het die saak by die polisie aangemeld en die man is dieselfde aand nog in hegtenis geneem.

Myburgh sê die lewenslange vonnis is opgelê te danke aan die goeie ondersoekwerk van die Wolmaransstad-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS).

Die goeie speurwerk van sers. Mpho Mokgosi (links) en sers. Abram Hlatswayo (regs) het gesorg dat die man lewenslank in die tronk gaan sit (Foto: SAPS via ANA)

Die man is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die lewenslange tronkstraf verwelkom. Hy het ook die twee speurders, sers. Abram Hlatswayo en sers. Mpho Mokgosi, wat aan die Wolmaransstad se FCS verbonde is, geloof vir hul goeie speurwerk.

“Te danke aan hul besonderse speurwerk het dié genadelose verkragter ʼn stewige vonnis gekry,” sê Kwena.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Goei werk deur die 2 ondersoekers, wat ek nie verstaan is dat dit 3 jaar neem om gevonnis te word en as hy n lewenslange vonnis kry hoekom onbevoeg verklaar om vuurwapen te besit of is dit weer n geval waar hul vroeer vrygelaat gaan word?

Melanie ·

Mag dalk wees omdat lewenslank maar net 25jaar of so iets is… dalk maak hy die tronk lewe en kom tog uit…

Sarel ·

Lewenslank??? Hoe Lank sien niks van ” geen Parool” nie.
15 jr en hy is terug op straat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.