Man sit lewenslank ná moord op eks

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 43-jarige man is vandeesweek lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy voormalige vriendin buite haar woonkompleks ingewag en doodgeskiet het.

Die hooggeregshof, wat in Mogwase buite Rustenburg in Noordwes gesit het, het gehoor Vumile Davidson Manjo (44) en Natash Molapo (43) was in ʼn verhouding, maar dat sy hom later afgesê het.

Manjo het dit egter nie aanvaar nie en nog gereeld by Molapo se huis opgedaag, het Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het gereël dat hy nie toegang kan kry tot die kompleks waarin sy gewoon het nie en het ook nie sy oproepe beantwoord nie.

Manjo het egter Saterdag 2 Februarie 2019 omstreeks 04:00 by Molapo se woonkompleks opgedaag.

Veiligheidswagte het hom toegang geweier waarna hy net ʼn ent weg van die kompleks af gery en gesit en wag het dat Molapo verby hom ry wanneer sy moet werk toe gaan.

Toe Molapo en ʼn vriendin later by die kompleks uitgery het, het sy dadelik Manjo se voertuig herken en ʼn u-draai gemaak om terug in die kompleks te probeer inry.

Hy het hulle agternagesit en by die ingang van die kompleks uit sy motor gespring en skote op Molapo se motor afgevuur. Sy is noodlottig gewond. Die vriendin is gewond, maar kon daarin slaag om weg te kom.

Manjo het homself aan die polisie oorgegee. Hy is dié week tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, tien jaar vir poging tot moord, agt jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Leenslank plus plus ….isin SA nnie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Derek ·

Ek luister gisteraand na die minister van polisie se kommentaar tydens sy besoek aan die weskaap en sy opmerking dat daar binne enige “community” goeie en slegte mense is. Dit, nadat baie hom aangespreek het oor hul ongelukkigheid, lewer hy hierdie kommentaar! In plaas daarvan om die “goeie” mense te beskerm soos die grondwet vereis, probeer die ANC die goeie mense verdruk deur die wette van die “slegte” mense om so hul reg en voorregte in terme van die grondwet te ontneem. Hulle verstaan nie dat die angel van die wet is die dood, vir 26 jaar het die polisie nie die grondwet eerbiedig en gedoen wat hulle moes doen en daardeur die deur oopgemaak vir misdaad om te floreer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.