Man sit lewenslank vir gru-moord op ‘heldhaftige seun’

Kutlwano Garesape (Foto: Verskaf)

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het dié week ʼn man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn “heldhaftige seun” wat vermoor is toe hy sy ma teen ʼn verkragter probeer beskerm het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die sesjarige Kutlwano Garesape het as ʼn “held gesterf”.

Volgens Tawana het die betrokke voorval in Augutus 2016 plaasgevind. Garesape en sy ma was glo besig om skool toe te stap toe die veroordeelde, Tefelo Dikole (31), hulle oorval en die vrou probeer verkrag het.

“Garesape het dit op homself geneem om sy ma te probeer beskerm toe Dikole haar probeer verkrag het,” sê sy. “Hy kon nie toelaat dat misdaad teen sy ma gepleeg word terwyl hy moet staan en toekyk nie. Hy was maar ses jaar oud en kon dié jaar sy agste verjaarsdag gevier het. Hy is van sy eie lewe beroof op ʼn jong ouderdom en sy familie is beroof van ʼn kind.”

Volgens die verslag van die nadoodse ondersoek wat in die hof gewys is, is Garesape weens steekwonde dood. Tawana sê dit was ʼn “grusame dood” en dat die sesjarige “baie pyn en lyding” moes ervaar het voordat hy uiteindelik dood is. Volgens haar wys sommige van die foto’s hoe die jong seun se ingewande by die steekwonde uitsteek.

Sy sê Dikole was deurentyd in ʼn “wêreld van sy eie” sonder om enige emosie te wys omtrent dit wat oor hom gesê is.

Dikole het ook ʼn bykomende sewe jaar tronkstraf gekry vir ʼn poging om die vrou te verkrag.

Genl.maj. Koliswa Otola, waarnemende polisiekommissaris, het die polisie en die ondersoekbeamptes geloof vir hul ondersoek om te verseker dat Dikole in hegtenis geneem en gevonnis word.

Tefelo Dikole (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

TDW ·

Ek kyk na ‘n foto van die grootste klein held. Mag jy nooit vergeet word nie!

Leser ·

Dit is omtrent ‘n mooi ou gesiggie daardie, met so ‘n pragtige glimlag. Wat ‘n held! My hart breek vir daardie arme ma.

Lola ·

Ek wens partykeer my hart wil afgestomp raak….mooiste gesiggie…..sterkte mamma.

Lollie ·

Dankie tog dat die beskuldigde nie lig daarvan afkom nie!
So bitterlik jammer dat sulke wrede dade deel is van ons daaglikse lewe!
Dinge kon soveel anders gewees het. Ons kon as reënboognasie in ń paradys gebly het maar die krimenele verander die hele lewe!

Geskok ·

My siening ,is grusame dood iets soos wat in die berig beskryf word. Gesteek met n skerp glas van n gebreekte bottel in jou maag dat jou ingewande wys ,is grusaam, teenoor iemand wat bv versmoor was.Alle moord is wreed ,lyding,vieslik en onaanvaarbaar
.Party moorde is net op die oog af meer grusaam(meer wreed) as ander,so is baie bloed op die toneel meer grusaam as n moordtoneel met geen of min bloed .En sommige slagoffers van moord gaan meer en langer lyding en pyn deur voor hulle uiteindelik sterf. Dis verskriklik.Kan nie verstaan hoe n mens dit kan doen, veral aan n weerlose kind nie ! Sal nie eers begin praat oor verkragting nie !

Ver links ·

RIP young man. You were full of heroism, but at a cost. All sympathy and best wishes for the family.

Jacqui ·

Hoe bitter hartseer. So n fraai ou knapie. Wat n vreeslike verlies vir almal wat hom lief het.

SNEL ·

So hartseer, so n dapper mannetjie op so jong ouderdom. Is daar nie heldetoekennings nie, want sy ma moet beslis een kry vir dit wat hierdie dapper seun gedoen het. Ons het geleer van Racheltjie de Beer, maar Kutlwano Garesape moet ook van gehoor en gepraat word in skole. Hy was ook n dapper jong held wat nie vergeet moet word nie. Daar moet n muur met foto’s wees vir sulke dapper helde.

Landras ·

Hierdie klein held se naam verdien om na ‘n Kaapse Lughawe vernoem te word . Kutlwano – jy is voorwaar ‘n voorbeeld van beide women and child abuse . ?

Bettie ·

Pragtige seuntjie is jy Kutlwano! met die mooiste glimlaggie! Ek glo jou mamma is baie trost op jou al is haar hart stukkend. Rus sag by Jesus se voete.

Hartseer ·

Wens ek het Super Powers gehad om hierdie wereld n beter plek te maak. Maar seuna jy is op n baie beter plek by Jesus. Geen pyn of hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.