Man sit lewenslank vir verkragting van 12-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man (41) is vandeesweek in die Durban-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting en poging tot moord op ʼn 12-jarige meisie.

Volens maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, is die beskuldigde tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting en 10 jaar tronkstraf vir poging tot moord.

“Die man het die slagoffer op 19 Desember 2013 omstreeks 09:30 in Cato Manor verkrag. Hy het in die huis langs die slagoffer gebly en haar na sy huis gelok waar hy haar herhaaldelik verkrag het,” het Zwane gesê.

Die man is kort ná die voorval in hegtenis geneem nadat die meisie haar ma van die verkragting vertel het.

Die man is van poging tot moord aangekla nadat dit aan die lig gekom het dat hy antiretrovirale middels gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anita ·

As hy dan geen respek het vir die meisie, sy siekte en gratis medisyne, vat sy medisyne weg en gee dit vir die meisie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.