ʼn 34-jarige man van Thohoyandou in Limpopo is dié naweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 11-jarige niggie.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê dié voorval het reeds in Julie 2016 plaasgevind.
Volgens Ngoepe was die 11-jarige besig om vir skool reg te maak toe haar oom haar in die kamer oorrompel het.
“Die dapper kind het ontsnap en by die skool opgedaag met net een skoen en steeds in haar uniform,” sê hy. “Sy het haar onderwysers van die voorval vertel wat onmiddellik die polisie in kennis gestel het, waarna die man in hegtenis geneem is.”
Die man is sedertdien in polisieaanhouding. Die hof het hom in die vonnisoplegging ook verbied om weer ʼn wapen te besit.
Lt.kol. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die maatskaplike organisasies geprys wat saam met die polisie gewerk het om die 11-jarige te rehabiliteer. Ledwaba sê daar sal geen genade wees vir misdadigers wat kinders teiken nie.
Soos die regter gese het . . . .
Lewenslank nie goed genoeg nie want dit strek maar oor 25 jr.