Elizabeth Messias en Riaan Hunt (albei 34) het in die gespesialiseerde misdaadhof in Bellville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Hulle het in Julie 2013 skuld erken op aanklag van uitbuiting, maar is eers Maandag aan korrupsie skuldig bevind. Hulle sal op 23 Februarie gevonnis word.
Volgens die klagstaat het die twee beamptes ʼn vragmotor in Augustus 2011 voorgekeer op soek na vervalste goedere. Hulle het toe op ʼn pakkie Cat onder die bestuurder se sitplek afgekom.
Messias het R1 500 by die bestuurder geëis om die pakkie aan hom terug te besorg en te voorkom dat hy vir dwelmbesit in hegtenis geneem word. Die bestuurder kon haar net R400 gee en sy het aangedring dat hy nog geld by sy werkgewer moet kry, maar dat hy aan sy werkgewer moet sê dat vervalste goedere in die vragmotor gevind is.
Die werkgewer het R8 000 omkoopgeld aangebied en het iemand in Durbanville gekontak om die geld na die beampte te neem. Die bestuurder het intussen nog R300 geleen en het dus R700 betaal om die dwelms terug te kry, terwyl die werkgewer R8 000 betaal het om te verhoed dat die vragmotor geskut word.
Drie maande later het Messias en Hunt dieselfde vragmotor voorgekeer en weer geld geëis, waarna die eienaar geweier het om te betaal en hulle by die polisie aangegee het. Hulle is kort daarna in hegtenis geneem.
Ek ruik ‘n rot. Hoekom het werkgewer R8 000 betaal as daar niks onwettig op voertuig was nie , vir die Cat se bride geld kon hy mos net die polisie ingelig het.
Ek ruik ok daai rot wat jy ruik en hy vrot
Weskaper ek stem saam. Die beamptes moet dubbel gestraf word vir die oortreding en afgedak word.
Ek stem heelhartig saam met bogenoemde skrywes van DPJ, Liewe Heksie en Weskaper.
R8000.00 is ‘n aardige bedraggie om te betaal as jy weet jou voertuig laaibrief het geen onwettige materiale op voertuig. Dalk moet daar ernstig ondersoek ingestel word na die maatskappy se pakhuise asook drywers gereeld nagegaan word vir dwelm middel vervoere in hul kajuite asook in hul sisteme.
Let wel die eienaar het die R8000 aangebied. Baie snaaks vir ‘n Onskuldige persoon. Hopelik kom hy en sy drywer nie ligtelik los nie. Korrupsie het 2 kante – ontvanger en gewer. Albei moet blaam dra.
Se ek ok Die deeler is net so goed soos die steeler
Die “sisteem” werk goed totdat een van die partye gretig raak.