Man skiet broer ‘per ongeluk’ dood

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vyf‑en‑veertigjarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 40-jarige broer doodgeskiet het toe hy hom glo vir ʼn motordief aangesien het.

Die voorval het Sondag in die vroeë oggendure in Mndundu in Willowvale in die Oos-Kaap plaasgevind, het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Manatha het die 45-jarige man by die huis aangekom en geluide gehoor voor hy ʼn persoon by die motors gesien het. Hy het sy vuurwapen uitgeruk en ʼn skoot afgevuur.

“Die man wat tussen die motors was, is in sy bolyf geskiet en is op die toneel dood. Die man wat die skoot afgevuur het, het nadergestap en gesien die slagoffer is sy jonger broer.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en daar is op sy vuurwapen beslag gelê. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

Sien jy in watse land moet ons lewe Mense is so vreesbevange oor die geweld in ons land. Jy weet nooit waar n skurk uit dop nie .Nou het die arme man sy eie broer dood geskiet srerkte aan die man.

Jakes Jacobs ·

Ek stem nie saam met jou nie, ek beskerm my eiendom. Skelms het te veel reg in SA. Hoekom dink jy is daar nou soveel BOENDOE howe, ons regstelsel werk nou vir die skelms.

MS ·

@Andre, jou lewe IS in gevaar wanneer ‘n vreemdeling snags in jou erf rond wandel. Hierdie is SA, hulle kom nie om te kyk of jou blommetjies genoeg water gekry het met die reen, en of jou honde genoeg kos/water het nie. Ongelukkig lewe ons in n tyd en n land waar jy die ergste moet verwag en jouself moet verdedig voor jy gemoor word vir jou selfoon. Dis n jammer dat hierdie arme man sy broer geskiet het, absoluut tragies.

Cherokee ·

Te min inligting – moet nie oorhaastige gevolgtrekkings maak nie.

Sanet ·

Dis verskriklik,verskriklik tragies
Baie sterkte aan familie

willem Botha ·

Dit is omdat ons in n siek land bly waar die wetsgehoorsame mense in vrees lewe en die kriminele koning kraai omrede daar nie n polisie diens is nie.Ek voel vir die persoon en weet hoe hy moet voel.

Skybird ·

Dit gaan nie net oor wapen besit vir self beskerming nie, opleiding is van kardinale belang. Oefen in jou eie huis (as fondse vir opleiding skraps is) ń spieël help baie met trek en “dry-fire” (natuurlik met alle safety aspekte) Leer ken geluide in/om jou woning, vreemde geluide sal dadelik jou aandag trek, sit motion ligte op plekke vir jou om te kan sien, ken jou perseel om in donker gemaklik te beweeg, daar so baie inligting om optesoek. Jy trek wapen uit skede vir doel om te dood, nie om rond te swaai en iets te dreig nie, belangrikste is om te IDENTIFISEER Voordat Wapen getrek word, als gaan oor split sekonde besluitneming, die oomblik wat die koeël uit die loop is, is dit onder niemand se beheer nie en kan nie gestop word nie. Simpatie met die voorval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.