Sarel du Plessis (45) het Woensdag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag dat hy ʼn 18-jarige doodgeskiet het.
Du Plessis se aansoek om borgtog duur Donderdag voort.
Kapt. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Du Plessis het homself Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy glo die 18-jarige Anele Ziko van Langeloop doodgeskiet het. Sy prokureur het hom vergesel.
“Die oorledene en sy twee vriende het glo lietsjies van Disa Estates-plaas gesteel. Du Plessis was saam met sy werknemers toe hulle op die vermeende diewe afgekom het.”
Een van Ziko se vriende is ernstig aangerand en ʼn skoot is in sy rigting gevuur, maar hy is nie getref nie. Die derde vriend het gevlug.
“Die aanval is verlede Donderdag aangemeld en die ondersoek duur voort,” het Nkosi bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ongelooflik
Simpatie met Du Plesis maar dit was nie die regte besluit nie. Nie vir lietjies nie.
Mmmm… Ek vermoed hier is meer aan hierdie storie. Wag vir die ware verhaal…
Dit gaan oor diefstal wat verseker baie groot afmetings aanneem. Vandag ‘n vrug, môre ‘n bees, volgende maand gewapende roof…. geen simpatie!
kom ons kyk wat die regte storie agter die storie is voor ons praat