Man skiet glo 18-jarige dood oor lietsjies

Argieffoto

Sarel du Plessis (45) het Woensdag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag dat hy ʼn 18-jarige doodgeskiet het.

Du Plessis se aansoek om borgtog duur Donderdag voort.

Kapt. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Du Plessis het homself Maandag aan die polisie oorgegee nadat hy glo die 18-jarige Anele Ziko van Langeloop doodgeskiet het. Sy prokureur het hom vergesel.

“Die oorledene en sy twee vriende het glo lietsjies van Disa Estates-plaas gesteel. Du Plessis was saam met sy werknemers toe hulle op die vermeende diewe afgekom het.”

Een van Ziko se vriende is ernstig aangerand en ʼn skoot is in sy rigting gevuur, maar hy is nie getref nie. Die derde vriend het gevlug.

“Die aanval is verlede Donderdag aangemeld en die ondersoek duur voort,” het Nkosi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karolis ·

Simpatie met Du Plesis maar dit was nie die regte besluit nie. Nie vir lietjies nie.

Dissie ·

Mmmm… Ek vermoed hier is meer aan hierdie storie. Wag vir die ware verhaal…

Basie2 ·

Dit gaan oor diefstal wat verseker baie groot afmetings aanneem. Vandag ‘n vrug, môre ‘n bees, volgende maand gewapende roof…. geen simpatie!

johan ·

kom ons kyk wat die regte storie agter die storie is voor ons praat

Ramkat ·

My opinie is dat die hele Suid Afrika gatvol is vir diefstal en misdaad. Verkeerde besluit en jy het probleme veral omrede jy blank is. Sterkte daar.

Respek ·

Baie verkeerde besluit aangesien die WITMAN weer gearresteer en in die tronk gegooi gaan word, maar ek dink die mense is KEELVOL vir die diefstal van lietsjies, sonneblomme, mangos en beeste en skape en bokke ens . DIT IS DIE MENSE SE INKOMSTE, wie verstaan dit nie? Dit klink VREESLIK onskuldig as ‘n 18 jarige vir haar een lietsjie pluk maar dit is NIE so onskuldig as 10 x 18 jariges elke dag 200 pluk nie .. Mense moet ANDER SE EIENDOM begin respekteer. Al hierdie boere wat in die howe verskyn het eintlik NET hulle mense en hulle eiendom (lees inkomste) beskerm, en dan word hulle met die SWAARSTE strawwe gestraf. Selfs die doodskis manne het ‘n OORTREDER op die plaas betrap en hom bang gemaak. AS hy NOOIT oortree het nie was die hele saak nou onnodig gewees.

HPV ·

Niks is meer veilig in die helhool, nie jou lewe of besittings en jy mag dit nie verdedig of beskerm. Siek land, siek eensydige grondwet deurspek met dubbel standaarde wat daagliks slegs op blankes toegepas word. Jy word getart en jou geduld word daagliks tot die uiterste beproef. Soms tot op breekpunt…

Al ·

Dis verstaanbaar, gelukkig het sy prokureur hom vergesel.
Maar dis nie die moeite werd om jou eie lewe te vernietig deur so besluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.