Man skiet glo kennis voor hy selfmoord pleeg

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

Twee mense se skietdood word ondersoek nadat ʼn man van Kimberley Donderdag glo ʼn kennis van hom doodgeskiet het voordat hy die vuurwapen op homself gedraai het.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn sakeonderneming in Thompsonstraat gebeur. “Die twee mans het glo rusie gemaak waarna die een ʼn vuurwapen uitgehaal en glo die ander man doodgeskiet het,” het Kock gesê.

“Hy is daarna alleen in ʼn kantoor in waar hy die deur toegemaak het. Mense buite die kantoor het gehoor hoe ʼn skoot afgaan. Sy liggaam is in die kantoor gevind met die vuurwapen langs hom.”

Volgens Kock was die twee mans bekend aan mekaar. Hy kon egter nie bevestig of hulle kollegas of vriende was nie. “Ons kan in dié stadium nog nie die oorledenes se name bekendmaak nie, omdat hulle families eers vanoggend [Vrydag] die liggame sal gaan uitken,” het hy gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek en ʼn saak van moord is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AEA SECURITY ·

Dit gaan nie oor rassisme of sexsime nie
Julle raak nes die regering julle stop die mense om die waarheid te se en om dit te se soos dit is.
Die swartes mag se nes hulle wil maar ons wittes mag niks se nie
Nee maroela media weer eens is julle te bang om op te staan en die waarheid te se.
Ons sal dit verder vat op facebook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.