Man skiet glo sy polisievrou dood, toe homself

Argieffoto

Argieffoto

‘n 33-jarige polisiekonstabel is glo Sondagoggend deur haar man doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê die polisievrou se 33-jarige man het haar glo omstreeks 4:00 Sondagoggend doodgeskiet in hul huis in Ezibeleni naby Queenstown in die Oos-Kaap.

“Daar word beweer die man, Lita Balekile, het aan die bure gaan sê dat hy sy vrou doodgeskiet het. Terwyl die bure die polisie ontbied het, het die man homself doodgeskiet.”

Soci sê die motief vir die moord en selfmoord is nog nie bekend nie. Die polisiekonstabel word oorleef deur haar vierjarige dogtertjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

job jobson ·

i Stresgeval of Verneuk geval. Deesdae proe die vrouens/manne buite die huis, albei skofwerkers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.