Man skiet glo tannie, niggie

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op soek na ʼn man wat Vrydagaand glo sy tannie en niggie in Mofolo-Noord in Soweto doodgeskiet het.

“Die man het hulle vermoedelik tydens ʼn familiestryery geskiet,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man het glo sy niggie konfronteer waarom sy jong kinders in die huis aangerand het. “Hy het haar drie of vier keer geklap voor die tannie ingegryp het.”

Die tannie (54) en haar dogter (16) het na hul motor gestap om die saak by die polisie aan te meld. “Die man het glo sy vuurwapen te voorskyn gebring en hulle doodgeskiet voor hy gevlug het,” het Makhubela gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.