Man skiet glo tienermeisie dood

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagaand sy vriendin se 19-jarige dogter, Mikaela Bagley, in Johannesburg doodgeskiet het, berig The Star.

Bagley en haar vriend, Kaylin Roberts (19) het saam na haar ma se huis in Robertsham gery toe die verdagte hul aandag getrek het, het Grant Roberts, Kaylin se pa, aan die koerant gesê. Die verdagte het glo geweet dat hulle na die huis op pad sou wees en het glo sy motor naby die ma se huis parkeer.Die twee tieners het by hom stilgehou, omdat hulle hom herken het.

“Hulle het gedink dat hy saam met Mikaela se ma was en wou vir hom die huissleutels gee,” het Roberts gesê. “Hulle het agter sy motor stilgehou en hy het na Mikaela, wat bestuur het, se venster geloop. Hy het sy arm om haar nek gevou en haar in haar kop geskiet. Sy is op slag dood. Kaylin het uit die motor gespring en weggehardloop, terwyl die man hom agternagesit en aanhoudend op hom geskiet het.”

Die man het op Kaylin bly skiet totdat hy by sy ouers se huis, wat daar naby geleë is, aangekom het. Hy is ongedeerd.

Roberts het gesê hulle vermoed die verdagte en die ma het gestry en hy het uit weerwraak op Mikaela geskiet.

Konst. Michael Kgatle, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn man op aanklagte van moord en poging tot moord in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Elke ouer in die land. Leer ons kinders woede beheer van kleintyd af. Dis net soos molesteering, die regte opvoeding kan dit baie verminder. Ek voel woede en molesteering word van geslag tot geslag toe gesmeer.

Leeutjie ·

Drieks ek stem en om by te voeg dink ek ‘n 2de of 3de verhouding of meer moet ‘n mens mee versigtig wees as jy getroud was en kinders het. Ons lewe het so siek geword dat jy suspisieus is met enige nuwe verhoudings. ‘n Curriculum Vitae met vir verhoudings kan dalk ‘n nuwe idee wees… Soek dit op swart en wit! Hierdie moordenaar was ook dalk ‘n gepoleerde mannetjie met blink skoene en vleiende woordjies! mmmmm….. ek was al daar!

Drieks ·

Ek stem Leeutjie, Ons moet ag slaan op alles. As boetie ‘n humeur het, werk daaraan. Oscar is vir my ‘n voorbeeld van ‘n kind wat weggekom het met woede aanvalle. Daar nie so iets soos blinde woede, leer om weg te beweeg en bietjie asem te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.