Man skiet glo vriendin se pa

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man wat aangekla word van die moord op sy vriendin se pa het Dinsdag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte (27) het glo die man doodgeskiet omdat hy nie die verhouding tussen hom en sy dogter goedgekeur het nie.

Die pa het ook glo sy dogter uit die Wes-Kaap verwyder.

“Die slagoffer is verlede week Donderdag geskiet terwyl hy besig was om sy motor te was in Samora Machel,” het Van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk het die polisie ʼn leidraad gekry oor waar die verdagte homself bevind en hy is gevolglik Sondag vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KG ·

Die pa het duidelik goeie rede gehad om nie die verhouding goed te keur nie. My innige simpatie aan sy geliefdes

Hans ·

Liefde is blind………. Wonder nou hoe lank sy saak in die hof gaan wees of gaan ons ook nou weer op ons mense regte aanspraak maak…………

LUISTER DOGTER! ·

….DUIDELIK het jou pa iets raakgesien.
Pleks het jy maar vir hom geluister!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.