Man skiet glo vrou, skoonsuster

geweer‘n 33-jarige man van Noordwes is die naweek in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en skoonsuster doodgeskiet het en nog twee mense gewond het.

“Daar word beweer dat die man na sy vrou se ouerhuis in Tlhabane is waar hy sy vrou (34) doodgeskiet het,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die slagoffer se oudste suster (39) het na buite gekom toe sy die skote gehoor het en die verdagte het haar ook doodgeskiet.”

Mokgwabone sê die verdagte het glo hierna na sy voormalige vriendin (33) se huis in Robega gery waar hy haar en haar huidige kêrel (35) geskiet het.

Albei is kritiek beseer en na ‘n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die verdagte is kort na die voorvalle in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Bafokeng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jas van As ·

Met al die naamsveranderings, en as mens nie die gebied ken nie, is dit deesdae onmoontlik om in ‘n berig af te lei watter ras van gepraat word. Kan die realiteite nie in die oë gekyk word, dat verskillende rasse in SA woon nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.