Man skiet inbreker in slaapkamer dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Mosselbaai in die Suid-Kaap het Donderdagoggend ʼn rower doodgeskiet wat in die vroeë oggendure by sy huis ingebreek het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê die 44-jarige man en sy vrou het geslaap toe drie verdagtes omstreeks 00:30 by hul kamervenster ingebreek het. Die rowers het die man aangerand en tydens die onderonsie kon die man daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry.

“Hy het verskeie skote afgevuur en een van die verdagtes gewond,” het Pojie gesê. “Die verdagtes het probeer vlug en hul gewonde medepligtige saamgesleep. Toe hulle egter agterkom hy is dood, het hulle hom gelos en weggehardloop. Die polisie het die verdagte se liggaam op die toneel gevind met verskeie skietwonde.”

Die man het beserings aan sy bene en kop opgedoen. Sy vrou is ongedeerd.

Volgens Pojie word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen en ʼn saak van huisbraak is geopen. Die name van die oorledene sowel as dié van die slagoffers kan nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie omdat dit moontlik die ondersoek kan beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Japie ·

Jy verdien tien uit tien. Mag meer van ons so opstaan en ons self verdedig.

Anneli v Jaarsveld ·

Mooi! Mooi! Nou word hy seker v moord aangekla en die skarminkel kry n staatsbegrafnis en R200 air time!

Lynette ·

Ja kyk dit wil gedoen wees . Die man het wakker geslaap . Jy is great .

Emmarentia ·

Hy verdien n heldedaad medalje want hy het hom en sy vrou beskerm ons moet skiet en nie vrae vrae nie

Afrikaner Hart ·

Mag elke leser wat n geweer besit,besef hoe belangrik dit is om jou wapen op so n manier te bere dat dit altyd vinnig en maklik ini hande gekry kan word, in tye van nood, en indien julle kan hom 24/7 by jou hou,mens kan nooit se dit sali met my gebeur ni,dis n geval van of hulle of jou gesin,die polisie is ni meer in staat om ons te bevestig nie,daarom is elkeen van ons gedwing om ons self te beskerm teen die booswigte…

Erries ·

Ek het juis gedroom vannag dat ons by ons ou plaas was…al die deure was oop (darem anders as wat dit regtig was), toe vra ek “..waar is die rollie? …Hier kan enige tyd iemand hier instap!…” maar die kluis was oop en het net vreemde goed ingehad van die nuwe eienaars….maar so kan ek ten minste vir die plaas in my drome kuier….als is elke keer uitsonderlik duidelik! Maar ja…ons moet ons wapens by ons hê!

Afrikaner Hart ·

Mag elke leser wat n geweer besit,besef hoe belangrik dit is om jou wapen op so n manier te bere dat dit altyd vinnig en maklik ini hande gekry kan word, in tye van nood, en indien julle kan hom 24/7 by jou hou,mens kan nooit se dit sali met my gebeur ni,dis n geval van of hulle of jy en jou gesin,die polisie is ni meer in staat om ons te beveilig nie,daarom is elkeen van ons gedwing om ons self te beskerm teen die booswigte…

Kaaiman ·

Wat hier gebeur het om die booswigte te stuit, is ons enigste verweer. Ek betreur egter die feit dat hulle toegang verkry het en gevorder het totdat ‘n stoeiery ontstaan het. Stel jou alarm; sodra die inbreker toegang verkry, moet die alarm afgaan. Hoeveel keer het ons nie al gelees dat die huiseienaar in die gestoei geskiet is en dat hy dit nie gemaak het nie. Ons moet alles doen om onsself te beveilig – spandeer wat jy kan aan sekuriteit – dis die koste en moeite werd!

Peet Schabort ·

Die sensors om jou huis doen wondere. Natuurlik ook die keffertjies *(spelling korrek) teen die verskaffers van moord en diefstal.
*Keffer is ‘n klein hondjie wat met gespitste oortjies diegene wat uit die bos afkomstig is betyds ruik en dan onophoudelik begin lawaai maak.

Albert ·

Verbaas my dat die slagoffer nie , soos gewoonlik , aangekla word van moord. Die SAP in Mosselbaai het waarskynlik ‘n beter begrip van die reg as die idiote in ander soortgelyke gevalle waar die misdadiger se “regte” beskerm word.

Willem ·

Jare geleede was dit baie algemeen vir kinders om vrugte by die bure te gaan steel. Na `n paar sake waar die buurman die persoon dood geskiet het, het die tendens gestop en dit is uitsonderlike gevalle waar dit nog plaas vind. Inbrake is so algemeen, ek wonder net hoeveel inbrekers dood geskiet moet word dat hierdie tendens ook tot `n einde kan kom?
Nie dat ek `n voorstaander is om reg in eie hande te neem nie, maar as die polisie nie misdaad effektief kan bekamp nie sal die inwooners moet iets doen om hulle te beskerm.

BullsEye ·

Mooi skoot! Hoop nie die man gaan van moord aangekla word nie!?

Mosselbaaier ·

Ek wil begin deur te sê dat Mosselbaai en omgewing oor uitstekende polisiebeamptes beskik. Ons kan nog die foon optel en verwag dat daar reaksie sal wees. Volgens plaaslike berriggewing is daar die vorige aand gepoog om by die huis in te breek en het hul tot al die diefwering geknip, maar het die honde binne in die huis die booswigte vermoedelik afgeskrik. Die eienaar het dieselfde dag die diefwering vervang, maar vir veiligheid die aand met sy geweer onder sy kopkussing geslaap. Die boewe het egter sommer die volgende aand die groot vaste paneel van die hoofslaapkamer se venster uitgeslaan en die man en vrou in hul bed aangeval. Dit sê vir my een ding – hul was nie net daar om ‘n selfoon of twee te steel en aan te beweeg nie. Hul was nie bang vir konfrontasie nie en was self gewapen. DIT is vir my skrikwekkend. Baie bly dat die mand en vrou fisies relatief ongedeerd daarvan afgekom het, maar ek weet nie hoe lank die emosionele skade neem om te herstel nie. Sterkte vir julle.

Mosselbaaier ·

Ag nee Maroela, wat het van my kommentaar geword? Dit was nie eers iets lelik nie ;-(

Sune van Heerden ·

Dagsê Mosselbaaier

Jou kommentaar het vir een of ander rede in die mandjie beland waar dit met die hand goedgekeur moes word. Dit verskyn nou op die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gawie Botha ·

as jy parraat fisies en geestelike wilskrag het,is jy altyd n wenner!

Andre ·

ek voel dat die wet van somaard moet wees dat as jy ‘n inbreker in jou huis betrap kan jy hom sumier dood skiet sonder enige vêrdere vrae want wat soek hy daar en ek is oortuig dat in 99.99999% van die tyd gaan hy bewapen wees en gaan nie skroom om jou leed aan te doen of te dood nie

Daan ·

Al die skietbane in die land behoort naweke vol mense te wees wat hulle wapens leer ken en hulle skietvernuf opknap.Die boere in die ou dae kon skiet wand hulle het hul wapens geken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.