Man skiet kapers voor hy self sterf

(Foto verskaf aan Maroela Media)

Twee rowers is Saterdagoggend dood tydens ʼn skietery met ʼn kaping-slagoffer. Die slagoffer is ook tydens die voorval oorlede.

Die voorval het op die R50 naby Delmas plaasgevind.

Hoofsuperintendent Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Beamptes van EMPD en die Delmas-polisie was op die toneel, het sy gesê.

“Verdagtes, geklee in polisieuniform, het ʼn man voorgekeer in sy Toyota Hilux. Die bestuurder van die Toyota was gewapen en hy het teruggeskiet. Twee verdagtes is op die toneel dood. Die bestuurder het ook in die skietery omgekom,” het Thepa bygevoeg.

Sy kon nie berigte, dat ʼn derde verdagte van die toneel weggehardloop het, bevestig nie.

Hein de Swardt, lid van die SA Jaggeweerskietvereniging, het gesê die bestuurder van die motor was op pad na die organisasie se Gauteng Ope as ʼn besoeker. Hy was alleen in sy voertuig.

Die man was nie self lid van die organisasie nie en sou net as besoeker aan die Gauteng Ope deelneem. Met goeie samewerking tussen die SA Jaggeweerskietvereniging, Solidariteit Delmas se Helpende Hand-verteenwoordiger en die plaaslike SAPD is die man se naasbestaandes opgespoor en verwittig van die voorval.

De Swardt sê in die lig van die voorgestelde wetsontwerp dat selfverdediging nie as rede aangevoer sal kan word om ʼn vuurwapenlisensie te bekom nie, is hierdie voorval nog ʼn bewys dat só wet nie sinvol is nie. “Die slagoffer kon homself in hierdie geval ten minste wettig verdedig, al het dit ʼn tragiese uiteinde gehad.” De Swardt bevraagteken ook waar die verdagtes aan die amptelike polisie-uniforms gekom het en betreur die feit dat die polisie klaarblyklik nie eers hul eie toerusting kan beskerm nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Frank ·

Soek maar voort SAP. Hierdie lafaards kom nooit minder as 3 nie.

Maggies ·

Liewe aarde, hierdie land raak al meer soos ‘n “cops and robbers” fliek, behalwe die polisie is nie altyd die polisie nie. Waar gaan alles eindig?
My innige meegevoel aan die naasbestaandes van die onskuldige oorlede man.

Persheks Adri ·

Nóg ‘n slagoffer te danke aan kriminele! Ons moet eenvoudig die wet baklei hoedeman gaan ons NIE ontwapen NIE!

Baie sterkte aan die familie en vriende in die moeilike tyd julle is in ons gebede!

Strandloper ·

Glo nie hy is die naam man werd nie, lafaard is meer gepas. Sterkte aan die familie.

Dries ·

Dit is vreeslik in hierdie land. Menige mense wil met vakansie gaan met hulle karavane. Hulle vrees dat hulle geroof gaan word langs die pad deur die SAP. Dan moes hulle hulle wapens inhandig en nou meer weerloos is. Haatlike land hierdie onder ANC regering

My siening ·

Ja groot hoed en cyrel nog n onskuldige lewe geneem maar julle sal nie oog knip nie. Jy kan nie meer in die land vry ry as jy nie tot die dood toe bewapen is. Sterkte familie dis so onnodig!

Pietertjie ·

Ons land het in elk geval nie meer ‘n funksionele polisiemag nie. Hoe gouer ons alternatiewe beplanning begin doen, hoe beter.

Sarel ·

Minister Bheki moet antwoord wasr hulle uniforms , blou ligte en wapens kry. Last die vraag in die Parlement beantwoord word.

Persheks Adri ·

Hy’s geen minister nie asb dit laat hom belangrik klink

jzjz05 ·

Jammer vir die famielie en ek glo almal voel saam oor hul verlies ,dit is so onnodig. Maar hier is iets te leer uit die voorval,bewapen jou self as jy op die pad gaan dat jy jou self kan verweer in so geval.

4ntj13 ·

Solank rowers en moordenaars hul werk met amptelike SAPS-drag kan uitvoer, bly SAPSe maar medepligtig. Stop eerder hulle besit van burgerlike vuurwapens ook totdat hierdie praktyke gestaak word.

modiglianigirl ·

De Swardt het dit perfek gestel. Dit is ‘n tragiese voorval maar ongelukkig nie ‘n uitsonderlike een nie. Wolf geklee in skaap se jas is ‘n ou laai met dodelike gevolge.

christo ·

Ek bly sovêr weg van die APD en metropolisie as wat ek kan. Om te dien en te beskerm is lankal nie meer die polisie se leuse nie. Die meeste lede is netso ongeskik soos hulle minister Cele. Hoe en waar hulle uniforms kry sal net die SAPD weet.

Henry ·

Rus sag Nico Devenish. Jy was maar pas n jaar getroud. Op jou tragiese einde het jy die land van nog 4 gemors gered.

Danie ·

Twee goed wat in hierdie piesangrepubliek soos n paal bo water uitstaan.
Indien jy jou lewe lief het vertrou jy niemand maar niemand in n polisieuniform nie.
En jy ry nie met n toyota hilux nie.

Persheks Adri ·

Ek ry Toyota en Chevrolet jy kan ons nie oor dieselfde kam skeer nie! Stem saam met jou kommentaar oor uniforms 100%

Jerry ·

SA land die van skurke en rowers waar korrupsie seevier, onkunde lei en regte geen waarde het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.