Man skiet kollega in Sandton dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo Vrydag ʼn kollega by sy werkplek in Wynberg, Sandton in Johannesburg doodgeskiet het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici die man in ʼn kritieke toestand by ʼn perseel in Careystraat op die grond aangetref. “Paramedici het vir ʼn geruime tyd probeer om die man se lewe te red, maar hy het op die toneel aan sy besering beswyk,” het Botha gesê.

Ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die slagoffer en die verdagte het glo in ʼn argument betrokke geraak. “Die verdagte het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en sy kollega geskiet,” het Maphakela gesê.

Dit is nog nie duidelik waaroor die argument gegaan het nie.

Die verdagte staan tereg op ʼn aanklag van moord. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rieks ·

My hemel!!!! Wat is volgende? Ons is nou nie eens meer veilig tussen ons eie werks kollegas nie! Welkom in die WILDE WESTE!!!! Vanaand is nog ‘n gesin sonder ‘n lid van die familie :-(

ja nee ·

Ek gaan nie kritiseer nie miskien is hy daarna gedryf deur viktimisering en uitbuitery ek voel baie so omdat sekere kolegas met hul manupulasie en leuns die werksplek in ‘n hel verander

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.