ʼn 50-jarige man het na bewering sy 63-jarige kollega noodlottig gewond in ʼn skietvoorval Donderdagmiddag in Benoni aan die Oos-Rand.
Kapt. Nomsa Sekele, woordvoerder van die Benoni-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 16:00 in ʼn voertuig, met vier insittendes, in Mowbraylaan plaasgevind.
“Die slagoffer was saam met twee van sy kollegas en ʼn kind in die voertuig. Die mans werk almal vir die Benoni-taxivereniging,” het sy gesê.
Die vier mense het in die stilstaande motor buite die onderneming gesit toe ʼn skoot afgegaan het. “Die man beweer dit was ʼn ongeluk. Sy kollega is op die toneel dood.”
Die vermeende skieter is in hegtenis geneem op aanklagte van moord en die roekelose of nalatige hantering van ʼn vuurwapen in ʼn openbare plek.
Die man is steeds in aanhouding en moet Maandag in die hof verskyn.
Die oorledene se naam kan nog nie bekend gemaak word nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Binne in die voertuig – in ‘n openbare plek?
Ongeluk? Daar moet meer steek agter hierdie storie as hy in aanhouding bly.
Dit maak my so kwaad as ek so iets hoor. Daai persoon is onbevoeg om n wapen ts besit. N mens is veronderstel as jy jou wapen by jou dra elke oggend seker te maak jou wapen is veilig voor jy hom in jou holster sit. Jy is nie veronderstel om ooit jou wapen deur die dag uit die holster te haal of van jou lyf af te haal nie. Jou wapen mag ook nie aan die publiek sigbaar wees nie. Nou vra ek hoe gebeur sulke “ongelukke”? As jy al hierdie wette nakom. Nee wat hoop nie kom lig… Lees meer »
Die woord “taxivereniging” verduidelik amper alles
Ek wonder of sy verhoor ook op tv uitgesaai gaan word. Vra net
Roep vir Gerrie Nel..