Man skiet ma in bed dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse man sal Vrydag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy ma doodgeskiet het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Woensdagaand omstreeks middernag gebeur toe die beskuldigde (39) na bewering vanaf Kaapstad by sy 65-jarige ma se huis opgedaag het.

“Hy het haar glo in die bolyf geskiet. Sy is dood in haar bed aangetref,” het Manatha gesê.

Hy het gesê die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie. “Daar is beslag gelê op ʼn gelisensieerde vuurwapen.”

Die verdagte sal in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Susan ·

JOU MA???????????????????????????????
EK HET GEDINK DIS NET MY KIND WAT MY HAAT!!!!!

rienie ·

Liewe Susan, jou kommentaar spreek van ‘n mamma wat diep seer het. Dit is so jammer dat kinders so iets kan doen aan een person wat hul met liefde die wereld ingehelp het. ‘n mamma sal altyd lief bly vir haar kinders, maak nie saak vir seer wat hul veroorsaak of harde woorde wat hul uiter nie. Kinders sal ook eendag mamma’s en pappa’s wees. Baie liefde aan elke mamma en papa wat die seer beleef.

Pauline ·

Ja dit is baie hartseer sommige keer is dit biologiese susterr wat die saad van haat teenoor sy ouer plant dit het met my gebeur gelukkig het my kind se oe betyds oopgegaan en besef alles wat hul hom vertel het was leuens dit kon ook bloedig ge -endig het.

Carla ·

Elke ma dink soms haar kinders haat haar en elke kind dink soms hy/sy haat die ma. Maar om werklik tot so ‘n drastiese stap oor te gaan is daar groot fout in die verhouding. Moontlik speel dwelms ook ‘n rol.

Dee ·

As iemand die soort van belangstelling sou gehad het om berigte en kommentare te analiseer sou hierdie miskien belangstelling gewek het maar my kommentaar is losstaande daarvan. Berigte met ‘n strekking tot misdaad word onophoudelik opgevolg maar by die betrokke berig was mense stom geskok en het nie geweet wat om te sê. Om een of ander rede word ‘n skokkende berig soos hièrdie nie opgevolg met kommentare.

Alf Pierce ·

Die opvoeding van gister en vandag se kinders laat veel te wense na, veral as dit by n Oupa en Ouma kom, geskeides ook waar een ouer gerubbish word. Destyds toe Europese lande die lyf straf weggevat het en ouers aangekla het was die begin van vandag se wereldwye kinder probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.