
Argieffoto
ʼn Oos-Kaapse man sal Vrydag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy ma doodgeskiet het.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Woensdagaand omstreeks middernag gebeur toe die beskuldigde (39) na bewering vanaf Kaapstad by sy 65-jarige ma se huis opgedaag het.
“Hy het haar glo in die bolyf geskiet. Sy is dood in haar bed aangetref,” het Manatha gesê.
Hy het gesê die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie. “Daar is beslag gelê op ʼn gelisensieerde vuurwapen.”
Die verdagte sal in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
JOU MA???????????????????????????????
EK HET GEDINK DIS NET MY KIND WAT MY HAAT!!!!!
Liewe Susan, jou kommentaar spreek van ‘n mamma wat diep seer het. Dit is so jammer dat kinders so iets kan doen aan een person wat hul met liefde die wereld ingehelp het. ‘n mamma sal altyd lief bly vir haar kinders, maak nie saak vir seer wat hul veroorsaak of harde woorde wat hul uiter nie. Kinders sal ook eendag mamma’s en pappa’s wees. Baie liefde aan elke mamma en papa wat die seer beleef.
Ja dit is baie hartseer sommige keer is dit biologiese susterr wat die saad van haat teenoor sy ouer plant dit het met my gebeur gelukkig het my kind se oe betyds oopgegaan en besef alles wat hul hom vertel het was leuens dit kon ook bloedig ge -endig het.
Elke ma dink soms haar kinders haat haar en elke kind dink soms hy/sy haat die ma. Maar om werklik tot so ‘n drastiese stap oor te gaan is daar groot fout in die verhouding. Moontlik speel dwelms ook ‘n rol.
As iemand die soort van belangstelling sou gehad het om berigte en kommentare te analiseer sou hierdie miskien belangstelling gewek het maar my kommentaar is losstaande daarvan. Berigte met ‘n strekking tot misdaad word onophoudelik opgevolg maar by die betrokke berig was mense stom geskok en het nie geweet wat om te sê. Om een of ander rede word ‘n skokkende berig soos hièrdie nie opgevolg met kommentare.