Man skiet ma, kinders dood

Foto ter illustrasie. (Foto: Netcare 911)

ʼn Man van Mpumalanga het glo sy familie gebel om hulle in te lig dat hy sy vrou en kinders doodgeskiet het, kort voordat hy die vuurwapen op homself gedraai het.

Die polisie in Tonga ondersoek drie klagtes van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man glo op Lentedag sy vrou, twee kinders en toe homself geskiet het. Die kinders, twee seuns, was onderskeidelik tien en vier jaar oud.

“Die polisie en mediese personeel is omstreeks 21:30 Woensdag oor die voorval ingelig. Met hul aankoms op die toneel het hulle die ma (32) en een van die seuns dood aangetref. Die ander seun is reeds deur ʼn familielid na die hospitaal geneem, maar is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het kol. Donald Mdhluli, provinsiale woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte (36) is met ʼn skietwond in die huis aangetref. ʼn Vuurwapen wat aan hom behoort, is ook in die huis aangetref.

“Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en die omstandighede van die voorval word ondersoek,” het Mdhluli gesê.

Die provinsiale polisiekommissaris het lede van die samelewing aangemoedig om professionele hulp te soek om uitdagings in die lewe te bowe te kom, eerder as om hul tot geweld te wend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

petro ·

dit is wat die regering wil hê hulle wil ons van ons koppe afdryf en depres maak silent murder my hart gaan uit na die gesin se familie dit is nou die tyd dat ons se genoeg is genoeg en aangaan met ons lewens ek voel ook party dae om boedel oor te gee maar dan dink ek aan my 2 seuns die lewe het geen sin meer nie

Nella ·

Volgens die opskrif klink dit eerder of hy sy ma geskiet het. Maar dit bly hartverskeurend om die, wie jy veronderstel is om te beskerm, dood te skiet.

VaalDonkie ·

Mense word nie sommer oornag so nie. Dit vat lank voor jy daar is.

Truthful ·

Swak berig…die man het dan bevestig wat hy gedoen het..hy is ook dood…watse moord ondersoek? Die mensdom raak dom en die goeies kan dit eenvoudig. Net nie meer vat nie…..

jou gewete ·

berig se net hy is met skietwond aangetref, dit beteken nie noodwendig hy is dood alhoewel mens so aflei

Michelle ·

Motief onbekend?? Dis mos so duidelik soos daylig. Hy wou n gesinsmoord pleeg.
Hy was beslis nie besig om sy koffie te roer en toe perongeluk 3 mense doodgeskiet nie!!

Cabytheron ·

Pestilensie, die berig sê duidelik die polisie ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek en 3 moorde?
Ek glo, jy loop ‘n lang moedelose, depressiewe pad voordat jy jou gesin uitwis. Duidelik kon hy dit nie oor sy hart kry om sy gesin in elende te dompel as hy net sy eie lewe neem nie en dit spreek vanself dat daar geen lig aan die einde van sy tonnel was nie.
Ek sê soos Frank John. ‘Ai tog!’Dit bly maar net hartseer! Sterkte aan die familie.

Cherokee ·

Wannneer ek kyk na die kommentare wat geplaas word, en die kommentare wat gesensor word, dink ek maroela media se sensors is nèt so op die brug soos die gemiddelde kommentator.

Hasie ·

Dit is hartseer dat die mense hulself so vernietig. . Ek kan net bid dat die Here hul oortreding sal vergewe.

007 ·

Dit wys net weereens vir ons, die SAPD met al hul reëls en regulasies kan nogsteeds nie bepaal wie mag n vuurwapen besit en wie nie. Jammer vir die vrou en kinders, pleks die lafaard net homself geskiet het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.