Man skiet meisie en haar twee kinders

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie en twee kinders in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, geskiet het.

“Die 40-jarige man het Vrydagaand glo twee kinders, onderskeidelik vyf en sewe jaar oud, by sy meisie se huis in Mabopane geskiet en gewond,” het lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hy het van die toneel gevlug.”

Hy het ʼn vriend Saterdagoggend gevra om hom na die hospitaal te neem waar die kinders aansterk. “Toe hy by die hospitaal aankom, het hy sy meisie geskiet,” het Magoai bygevoeg.

Die man het sy vuurwapen op polisiebeamptes gerig toe hulle by die hospitaal opgedaag het. Hulle het hom ontwapen en in hegtenis geneem.

Die sewejarige is in ʼn kritieke toestand en die vyfjarige en die 24-jarige vrou is in ʼn stabiele toestand.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

Die man sal na verwagting van poging tot moord, rig van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie aangekla word. Hy sal binnekort in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.