Man skiet rower by sentrum dood

Die toneel. Foto: @reagismall/Twitter

ʼn Man is Maandagoggend tydens ʼn mislukte rooftog by die Cycad-sentrum in Polokwane, Limpopo, doodgeskiet.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 58-jarige man het die winkelsentrum omstreeks 9:00 besoek om geld by ʼn OTM te deponeer. Hy is van ʼn sak met selfone en geld beroof.

Volgens Ngoepe het die verdagte na ʼn wegkommotor met vier insittendes gehardloop en het die slagoffer hom agternagesit. “Hy het in die hardloop vir die verdagte geskree om te stop, maar die verdagte het aanhou hardloop en die slagoffer het sy vuurwapen uitgeruk en skote afgevuur.”

Die verdagte is noodlottig gewond en is op die toneel dood verklaar. Volgens Ngoepe is die gesteelde sak teruggevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van diefstal en het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

Die polisie het intussen ʼn volskaalse soektog begin na die vier verdagtes wat in die wegkommotor, ʼn silwerkleurige Toyota Corolla, gevlug het.

Enigiemand met inligting oor die voorval of die verdagtes word versoek om kol. Linky Mathebula te bel by 064 756 8218 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan H. ·

Jja dis n stap in die regte rigting. Die wette moet so bietjie aangepas word sodat jy kan skiet as jy beroof word en nie net as jou lewe bedreig word nie. Want die tronke lyk my is nie meer n afskrik middel nie.

Karolis ·

Jy is heeltemal. Ek dink ook hy het bietjie probleme oppad.

Speedguard ·

Wat gebeur as ‘n polisie beampte ‘n potensiale tansito rower skiet is hy ook in die moeilikheid, welgedaan ek staan agter jou geregtigeid het geseevier!

Was dit wys? ·

Die slagoffer se lewe was nie in gevaar as hy agter die rower aangehardloop het nie. Volgens ons belaglike Wet mag hy die rower dus nie geskiet het nie. Net jammer die slagoffer gaan nou moeilikheid kry.

Trots Afrikaans ·

As dit ‘n gawapende roof was, skedule 1, en die verdagte vlug en jy het geen ander manier om sy identiteit te bekom nie laat die wet jou toe om die persoon te skiet.

CRIMINAL PROCEDURE ACT 51 OF 1977
Section 42 Arrest by private person without warrant

Section 49 Use of force in effecting arrest
(c) ‘deadly force’ means force that is likely to cause serious bodily harm or
death and includes, but is not limited to, shooting at a suspect with a
firearm.
(2) If any arrestor attempts to arrest a suspect and the suspect resists the attempt,
or flees, or resists the attempt and flees, when it is clear that an attempt to arrest him
or her is being made, and the suspect cannot be arrested without the use of force, the
arrestor may, in order to effect the arrest, use such force as may be reasonably
necessary and proportional in the circumstances to overcome the resistance or to
prevent the suspect from fleeing, but, in addition to the requirement that the force
must be reasonably necessary and proportional in the circumstances, the arrestor may
use deadly force only if-
(a) the suspect poses a threat of serious violence to the arrestor or any other
person; or
(b) the suspect is suspected on reasonable grounds of having committed a
crime involving the infliction or threatened infliction of serious bodily harm
and there are no other reasonable means of effecting the arrest, whether at
that time or later.

Stormrider ·

Hartseer maar hy gaan nou van moord aangekla word – niemand se lewe was in gevaar nie, dus mag hy nie op die aanvaller geskiet het nie.

Daan ·

Ek vermoed stormider is reg. Volgens wet soos dit nou geskryf is mag jy nie meer jou eiendom beskerm nie

Henry ·

Ja, om iemand in die rug te skiet is ongelukkig onwettig. Ek het n interessante staaltjie gehoor. In die destydse wilde weste kon jy iemand skiet (ook net van voor) sonder om te veel moeilikheid te kry. Maar as jy iemand se hooimied aan die brand gesteek het, was doodstraf jou voorland. Ahhhhh…..die goeie ou dae voor menseregte….

Willem Grobler ·

As hierdie man aangekla word (en glo my hulle gaan hom aankla) dan kan ek net één ding sê: THE LAW IS AN ASS

Lana ·

Jy slaan die spyker op sy kop, Mel.
Dis hoekom hulle ‘n geregtelike doodsondersoek geopen het en nie een van moord.

vicky ·

Ek het al twee videos gesien.. die slagoffer se dat laasjaar het hulle hom ook agtervolg op die 6de Nov en hy jet nie n bullet gehad nie en toe het hy gaan bullets koop. So hy was reg vir hulle die keer. Hy sal nie van moord aangekla word nie. Net bly hy het sy goed terug gevind.

JS ·

Ek hoop rerig nie die man gaan in die moeilikheid kom nie, soos reeds gese was sy lewe was nie meer in gevaar nie, of wel volgens die berig. Iemand, en ook die rower het die reg op lewe bo eiendom volgens ons wette. Ek glo Maroela sal ons op hoogte hou.

Anoniem ·

Roof is ‘n ernstige misdryf en afhangende van die omstandighede wat nie ten volle in die rubriek vermeld word nie, mag jy geweld gebruik om die rooftog te stop.

PLK ·

Dit is die 3de keer wat die slagoffer beroof word by dieselfde OTM. Dink iemand moes hom dop gehou het. In die video wat ek gesien het se hy dit herhaaldelik.

Hennie ·

Die man wat geskiet het moet ondersoek word. Miskien het hy hoê bloedsuiker gehad toe hy sy vuurwapen lisensie gekry het wat hy nie verklaar het nie en kan sy lisensie dalk onwettig verklaar word wat tot gevolg het dat hy onregmatig sy vuurwapen gebruik het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.