Man skiet rower tydens verkeerslig-rooftog

Argieffoto

ʼn Motoris het ‘n man laat Donderdagmiddag in die boud geskiet toe hy en twee makkers by ʼn verkeerslig in Pretoria op hom toegeslaan het.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte word onder polisiebewaking in ʼn plaaslike hospitaal behandel.

“Die man het by ʼn verkeerslig in Steve Biko-weg stilgehou toe drie mans op hom toegesak en hom met ʼn mes gedreig het. Hulle het al sy waardevolle items geëis. Een van die verdagtes het in die voertuig ingeleun en die motor afgeskakel,” het Mavimbela gesê.

Die man kon daarin slaag om sy vuurwapen te bereik en het op die verdagtes begin skiet. “Een van die verdagtes is in die boud geskiet,” het Mavimbela gesê. Die verdagtes het die slagoffer glo van sy selfoon beroof voordat hulle van die toneel gevlug het.

Die polisie kon daarin slaag om die gewonde verdagte ʼn paar blokke van waar die voorval plaasgevind het vas te trek. Daar is beslag gelê op die mes. “Hy is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Mavimbela gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van roof en die besit van ʼn gevaarlike wapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Toi Toi ·

Gaan die man nou in die moeilikheid kom omdat hul n mes gehad het toe skiet hy hul……

al ·

Nee die Wet op Gevaarlike wapens is na die Marikana slagting ingestel.

Johan ·

Geen poging tot moord aanklag nie? Seker nie ‘n witman gewees wat geskiet het nie…

Jakalas ·

As daar ‘n poging tot moord saak in gehandig is, sal dit net vir prosedure doel eindes wees. Net soos wanner iemand ‘n rower dood skiet en vir moord aan gekla word. Dis maar gewone protokol.

Flintstone ·

Stem Johan. ‘N ruk gelede ‘n man ontmoed wat die vorige aand ‘n inbreker by sy huis in ‘n nabygeleë township doodgeskiet ,nadat dié sy hond vergiftig en probeer inbreek, het.Die man is ondervra maar sy wapen is nie eens deur die saps gekonfiskeer nie(Hy het die wapen aan my getoon)Dit het my laat besef dat hier dubbele reëls van toepassing is.Laat ‘n bitter en minagtende nasmaak in jou mond.

dolan ·

As jy iemand in die agterstewe skiet word dit nie gesien as poging tot moord nie.Volgens die wet is daar nie kritiese lewens organe soos hart ens. in n mens se agterstewe nie.

Gerda Erasmus ·

Welgedaan Mnr! Ons moet permanent op ons hoede wees vir sulke skelms om ons!

Afrikaanse Knaap ·

Niemand het die rower as kind op die boud geslaan en vir hom gesê: “Dis verkeerd” nie.
Nou kry die slagowwer ‘n koeël in die boud.
Hoop hy het sy les geleer.

Penellope Jones ·

Nou gaan die motoris seker aangekla word. . . . . . .

Charles ·

Beskerm ‘n persoon en hy/sy is veilig vir ‘n dag.
Lei daardie persoon op in selfverdediging en hy/sy is veilig vir ‘n leeftyd.

jaco ·

hoe kan mens in 2017 nog steeds met ‘n oop venster by ‘n verkeerslig stop?????

Johan Fourie ·

Ja die mense is keel vol ,Lekker man sy boud is lekker aan die brand.

Hanna ·

Nee wat, hy het heeltemal te laag gemik… Hoop daai skelm dink vlg keer twee keer!

Wagter ·

PRESIES DIESELFDE het met my gebeur !!!! Dis n hotspot, in Sunnyside, Steve Biko weg Noordwaarts, daar naby die afdraai na Femina, sit hulle en wag tussen 15:00-17:00 en wag dat jy in verkeer vas sit… as jy met n oop venster ry dan is dit jou eie skuld.. soos ek geleer het, het ek week later na my voorval n vrou hoor gil skuins agter my toe sy ook gegryp

F Balt ·

Hi Dolan, party mense se brein sit in sy agterstewe. Dit kan dit laat sleg lyk vir die skieter………,!

André ·

Mooi so! Ek wens meer sulke misdadigers word onkant betrap sodat hulle bang moet wees om die kans te waag!

Sproeitjies ·

Wat kan ek se. Eks dankbaar vir die bestuurder wat niks oorgekom het nie. Maar die man wat so week terug sy gesin en familie beskerm het word aangekla van moord. Ek sal ok skiet as ek so iets moet oorkom. Altyd gewonder hoekom vriende met n pistool ry as hulle kom kuier op die plaas. Oor die roof so erg is in die rand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.