Man skiet staatsamptenaar, toe homself

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man het Woensdag by ʼn regeringsgebou in Humansdorp in die Oos-Kaap ingestap en ʼn werknemer doodgeskiet, voordat hy selfmoord gepleeg het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê Rudolf Meiring (52) het by die departement van openbare werke se kantoorgebou in Stasiestraat ingestap en die 56-jarige Christian Crouse ʼn paar keer geskiet. Meiring het hierna homself geskiet.

Nkohli het gesê albei mans is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johann cb ·

Teen wie word die klag van moord ondersoek? Albei mans is oorlede.

Wat-ek-lees ·

Dis net ‘n prosedure om die saak se lêer oop te maak vir die ondersoek en uiteindelike afsluiting. Dieselfde gebeur ook met ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur al is almal dood in die ongeluk.

KP ·

Die man moes die skieter baie kwaad gemaak het om tot so n daad oor te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.