Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê drie verdagtes het omstreeks 10:30 by ʼn huis in Riversdaleweg ingebreek en die inwoner gekonfronteer. Hulle het verskeie huishoudelike items gesteel en van die toneel gevlug.
Die mans het daarna ʼn ander inwoner wat buite sy huis in Bulbulrylaan gestaan het, genader. “Hulle het sy voertuigsleutels geëis. Die verdagtes het glo op die man geskiet. Hy het teruggeskiet en twee van die verdagtes noodlottig gewond,” het Naicker gesê. Die derde verdagte het gevlug. Baie van die items wat tydens die eerste rooftog gesteel is, is in die oorledenes se besit gevind.
Terwyl die polisie op die toneel in Bulbulrylaan was, het nóg twee mans probeer om ʼn inwoner van Riversdaleweg te beroof, het Naicker gesê. Hierdie inwoner het ook op die verdagtes geskiet en hulle het in ʼn beboste area naby die huis in verdwyn.
“Ons kan nie in hierdie stadium met sekerheid sê dat die twee verdagtes deel van die eerste groep was nie, hoewel dit vermoed word,” het Naicker gesê.
Die polisie is steeds op die spoor van die verdagtes.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ja-nee hier begin dit “Payback Time”
Dis nie mans nie dis skelms Maroela?of mag julle nie daai woord gebruik nie.
Mooi skoot!
Enige misdadiger is ‘n verdagte tot hy of sy deur ‘n hof skuldig bevind is. Tot dan is hy of sy ‘n man of ‘n vrou. Hy is ‘n skelm en ‘n misdadiger, nadat die hof die persoon skuldig bevind het. Ek stem moenie wond nie skiet die verdagtes dood.
Nou gaan die man seker weer van “moord” aangekla word!!