Man skiet vriendin, haar ma en toe homself

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Tragedie het hom Vrydag tussen Ogies en Witbank in Mpumalanga afgespeel toe ʼn man eers sy vriendin geskiet en gewond het waarna hy haar ma doodgeskiet en homself om die lewe gebring het.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het daar Vrydagmiddag ʼn woordewisseling tussen twee mans by ʼn mynperseel in Phola by Ogies ontstaan. ʼn 41-jarige man het ʼn vuurwapen uitgepluk en die ander man, 35 jaar oud, probeer skiet, maar kon nie daarin slaag nie.

“Die ouer man is daarna na sy vriendin se werkplek. Hy het haar daar geskiet en gewond.” Die vrou is na ʼn hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Die man het daarna na Hlalanikahle by Vosman naby Emalahleni (Witbank) gery en sy vriendin se ma doodgeskiet.

Volgens Hlathi is die polisie van die voorval in kennis gestel waarna ʼn soektog na die man onmiddellik begin is.

“Die man se voertuig is deur polisiebeamptes gewaar en ʼn hoëspoed-jaagtog het gevolg. Toe die verdagte besef dat hy nie kan wegkom nie, het hy homself geskiet waarna sy motor in ʼn botsing betrokke was. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Voorlopige ondersoek toon dat die vuurwapen wat in die voorvalle gebruik is, se reeksnommer afgevyl is.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

Dit bewys net weereens die gelisensieerde vuurwapens is nie die probleem nie maar die onwettige wapens in die hande van persone wat onbevoeg en onstabiel is.

Zacahara ·

Stem 100% saam. Dit sou interessant wees om te sien, van alle moorde met ‘n wapen, hoeveel gedoen was met ‘n gelensieerde wapen, & hoeveel was ongelansieerd gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.