Man skiet vrou, homself

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Die polisie in Ventersdorp, Noordwes, ondersoek ʼn saak van moord en ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word nadat ʼn 45-jarige man sy 40-jarige vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

“Die man het sy vrou omstreeks 23:00 doodgeskiet voor hy homself doodgeskiet het by hul huis in Tshing- informele nedersetting,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Volgens die inligting tot ons beskikking het die egpaar teruggekeer ná ʼn aand uit toe hulle stry gekry het. Die man het sy vrou twee keer in die bolyf en linkerhand geskiet, voor hy homself geskiet het.”

Nooddienste is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar. “Die vrou het nog geleef. Sy is na ʼn hospitaal geneem, maar sy is dood verklaar met haar aankoms by die hospitaal.”

Die polisie doen ʼn beroep op egpare om professionele hulp te bekom indien hulle huweliksprobleme ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oom Boer ·

Dit is tragiese gebeure as dit oorgaan tot geweld. Elke huis het sy kruis, maar geen argumente of geskille en of verskil in opinies benodig enige vorme van geweld vanaf enige party nie. Draai liewer om en bespreek liewer later en met die nodige nugterheid as in ‘n oomblik van kwade gevoelens, skree, beledigings of vernederinge ens. Alle simpatie en meegevoel aan die kinders, ander familie lede, vriende en kollegas.

Wiebo ·

As ek n vuurwapen gehad het, sou ek myself ook seker al geblaas het. Die wereld is sooooo boos en ongelukke tref my soos niks. Niks om voor te leef nie. Ek weet hoe moes die ou gevoel het…… moenie oordeel nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wiebo

Ek is baie jammer dat jy só voel. As jy voel dat alles te veel raak, kan jy dalk met SADAG (“South Depression and Anxiety Group”) in verbinding tree. Hulle is ‘n ondersteuningsgroep wat jou sal kan bystaan. Kontak hulle gerus by 0800 567 567 of stuur ‘n SMS aan 31393.

Baie sterkte
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karma ·

Wiebo, enige mens kom op ‘n punt waar jy voel die lewe is nie meer die moeite werd nie. die ou wat vir my sê sy of haar lewe is een lang lied, moet nog gebore word. Ek het verlede jaar vir myself gesê ek is nou moeg gelewe: ek is oud en siek.

Ek het daaraan gedink (nee, eintlik fyn beplan) om selfdood te pleeg. ‘n Inspuiting (of drie) vol insulien en ‘n handvol slaappille (sodat ek nie moet wakker word as my bloedglukose te laag daal nie) en dan ‘n vredevolle koma, waaruit – as ek ses uur later ontdek word – nie weer wakker sal word nie. Maar ek kon nie – ek is te veel van ‘n lafaard. Wiebo, mens, doen jouself die guns om ‘n berader te kontak.

Dankie, Maroela Media, dat julle bietjie simpatie en kontaknommers gegee het. Min mense weet hoe om met ‘n berader in aanraking te kom en hoeveel dit hulle kan help.

Francois ·

Maak Jesus jou bron van vreugde en middelpunt van jou lewe dan sal als reg kom dear jou probeer dit

Wiebo ·

Baie dankie Sune en Karma. Ek waardeer en sal hulle kontak. Voel ek moet, want ek dink rerig dis die einde. Moeilik om alleen en verlore te wees.

Francois ·

As Jesus jou bron van vreugde is sal jy dit nie doen nie en aan Wiebo ons oordeel nie ons se net maak Jesus jou bron van vreugde en als kom reg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.