Man skiet vrou in straat, neem eie lewe by kerk

Sariana by Anke en haar dogtertjie. Foto: Verskaf.

Sariana Smit (50) is Maandagmiddag in ʼn besige straat in Worcester deur haar man van wie sy aan’t skei was ten aanskoue van ander mense geskiet.

Die man het daarna na die NG kerk Worcester-Noord gery en homself by die deur doodgeskiet.

“Dit moes tussen 12:00 en 13:00 tydens haar etensuur gebeur het. Ons vermoed sy het by ʼn skoenwinkel stilgehou. Hy het haar agtervolg in ʼn geleende bakkie sodat sy hom nie kon herken nie en haar toe vasparkeer. Sy het probeer wegkom, maar kon nie. Hy het uitgeklim en haar geskiet,” het Anke Pieterse, Smit se dogter, aan Maroela Media gesê.

Volgens haar het verkeersbeamptes die voorval gesien en die man probeer agtervolg toe hy van die toneel weggejaag het, maar ná ʼn ruk het hulle sy spoor verloor.

Smit is na die Worcester-hospitaal gehaas. “Hulle het haar aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en skanderings gedoen. Toe ons die resultate terugkry, het ons gesien die koeël het in stukke opgebreek in haar brein; sy was breindood.”

Die lewensondersteunende masjiene is gister om 18:40 afgeskakel. Pieterse vertel dat sy nog nie eens geweet het haar ma is geskiet nie, maar toe reeds Facebook-boodskappe begin ontvang het oor die voorval.

Pieterse vertel dat haar ma op 1 November, op haar vyftigste verjaarsdag, uitgetrek het by haar biologiese pa. “Die laaste 20 dae van haar lewe was die enigste dae wat sy werklik vry was. Dit het haar 26 jaar gevat om genoeg moed bymekaar te skraap om te loop. Ek kan my nie eens indink hoe bang sy gister moes gewees het nie.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê dit het in Stockenstroomstraat naby Tekkie Town plaasgevind. Die polisie ondersoek die voorval.

Pieterse vertel verder dat daar ʼn oponthoud is by die lykshuis en dat die lykskouing glo eers Vrydag gaan plaasvind. “Ons sal haar moontlik in volgende week kan begrawe. My ma was bitter sag, sy sou niemand skade aandoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

elmarie ·

ek ken Sariana reeds van kleintyd. ons het in dieselfde woonbuurt grootgeword. sy verdien nie wat met haar gebeur het nie. Anke my innige en opregte meegevoel met hierdie tragiese verlies van mamma. mag ons Vader julle styf vashou in Sy liefde en julle dra in elke dag wat mag kom.

Yolande ·

Ai arme mens! Mag jou dood nie verniet wees nie, mag vrouens sien…loop, nee hardloop as jy moet maar vlug.
Jare terug, het my man my net eenmaal probeer aanrand, ekt het hom gesmeek om goeie ordentelike houe te gee, ( noem my so bietjie rebels) maar na n goeie ruk het hy my laat gaan en ekt hom belowe dat sou hy my daardie dag net n skrapie aandoen hy verewig in die tronk sou sit. Ons is skaars 2 weke later geskei. Ek laat nie aan my slaan nie, ook nie lelik praat nie. Vandag met n wonderlike man getroued, en ons het ons dinge, maar hy se altyd hy weet wanneer om te stry en wanneer om stil te bly…my baklei het punte in. Lol.
Daar waar jy nou is het jy vrede en vryheid, jys op die gelukkigste mooiste plek ooit. Iewers eenkeer gelees: God vang die vrou se trane op en bere dit. Mag dir familie vrede vind en vergewe.

Z ·

So jammer dat haar dogter dit op facebook moes hoor. Mense is onsensitief en wil so graag alles op facebook plaas, sodat die wêreld kan weet dat hulle “eerste” was om te weet.
Wat het van ‘n opregte, persoonlike, stil boodskap van bemoediging geword?

Sammy ·

Ai nee asof daar nie genoeg misdaad in die land reeds is nie. STERKTE aan die vrou se familie en vriende. Rus in Vrede ~!

Gesiggie ·

Ek het net een word vir jou wat so siek is om so iets te doen? SIELSIEK.. net jammer jy sal nie na die berig kan kyk… My innige simpatie aan Anke en die Familie… hierdie man kon beslis nie sonder die vrou lewe… en hy sou haar nooit toelaat om in Vryheid te lewe… en omdat hy nooit met sy eie gewete sou kon saamleef”’ neem hy maar eerder sy eie lewe.. dit is so tragies as so iets moet gebeur, partykeer is daar n manier van iets uitwerk, maar party mense sien dit nie so… RIP Sariana… Nou is jy Veilig…

Sarina Smit ·

As ek aan Sariana dink. Dink ek aan een van die beste mensies op aarde. Sy was altyd vriendelik. Sy het altyd n oor gehad om te luister. Sy het nooit lelik van iemand gepraat nie. N Godsvrou wat mooi was nie net van buite nie maar ook van binne. Hoekom sy so wreed moes gaan is so onregverdig. Sy het net geluk en liefde nodig gehad. Haar laaste boodskappie aan my op 8 November sal ek veraltyd koester. En ook verlede vrydag wat ons nog so lekker gelag en gesels het. Sy sal altyd vir die mooi persoon onthou word wat sy was.

Hanlie Le Roux ·

RIP Sariana bly gewees om jou te geken het, altyd die mooiste geaardheid gehad en altyd vriendelik gewees al het ek geweet sy is onder baie druk deur Jaco se werks goed, Het sy nooit gewys sy kry swaar nie Rus sag!!!

Thea-lana Skors ·

Sy was n mens met die mooiste siel en n aansteeklike glimlag. Die mooiste herrinnering van haar is hoe trots sy op haar dogter was en hoe sy nie kon wag dat jy haar uitvra oor haar kleinkind nie, die opgewondenheid en absolute liefde in haar stem as sy van hulle gepraat het , het letterlik uit haar gestraal. ‘ n Sagte mens met net liefde vir ander, altyd geluister na ander se probleme maar nooit gekla oor haar eie nie. Dit was regtig n voorreg gewees om haar te kon ken. Sy sal beslis gemis word.

Anoniem ·

My hart gaan uit na Anke. Sy het het albei haar ouers verloor op een dag op ‘n uiters bittere wyse. Ek kan my net voorstel met watter uiteenlopende emosies sy worstel. Haar hele lewe is omgedop. Anke, mag die Here jou kop bo die stormwaters hou.

Tina du Toit ·

Jinne, dis hartseer om sulke slegte nuus op jou FB te lees. Kan hy maar nie aanvaar het en haar laat gaan het nie. Dis tog so tragies. Baie sterkte aan julle.

Hannelie ·

Ai so onnodig. Ons op Worcester gaan haar mis, ons haar elke dag sien stap saam Elsa se suster. Rus in Vrede en sterkte aan haar dogter. Mag jy vertroosting kry.

Rina Pretorius ·

ARME ANKE, DIS BITTERLIK SLEG DAT JY NOU ALBEI JOU OUERS OP SO ‘N WREDE MANIER VERLOOR HET. EK KAN MYSELF NIE INDINK WAARDEUR JY NOU MOET GAAN NIE. BAIE STERKTE VIR DIE FAMILIE

Lucy ·

Die ergste ding in die lewe is om as vrou te moet wegbreek na soveel jare net om weer te probeer lewe… sterkte aan Anke en wees trots op jou ma dat sy weggebreek het al het dit haar lewe geneem…

Piet Klaasee ·

Ai Sariana Die mens wat altyd gelag het net wie mens alles kon deel en altyd bereid was om te luister. Ons het sulke wonderlike tye gehad en nou sal ons nie meer kan kamp en kuier en jou aansteeklike lag meer hoor nie. Rus in Vrede my liewe skat! Mag Die Here met julle as gesin wees Anke, mag Hy Vertroos en help om ook te vergewe en verwerk. My hart is stukkend as Ek net kon weet hoe om julle te troos. Rus sag beautiful sagte mooi mensie xx?

Mari ·

Ek was 23 jaar in so n huwelik. Dit het my 23 jaar gevat om te kon loop en nou lewe ek en my kinders in vrees. Ons word nie n lewe gegun nie.

Anneke ·

‘n Kollega wat ek altyd sal mis … my hart is stukkend. Ek het baie met Sariana kon deel en ook haar worsteltryd geken. Nooit ooit gedink dat hy haar so seer sou maak nie. Ek was bekommerd oor haar die dag toe sy finaal besluit om te gaan … heeltyd gewaarsku om versigtig te wees vir haar veiligheid … selfs vir haar gevra of hy enige vuurwapens het sy’t nogals so snaaks gelag en gesê “‘n hele kluis vol!” As mens toe kon weet dat dit sover sou gaan …. Haar 20 dae weet ek was van die gelukkigste ooit in haar lewe … haar stem het weer kleur gekry en haar hart het verseker ‘n lied in gehad. Maandag ek het vir seker ‘n half uur met haar op die foon gesels …. oor al haar toekomsplanne en verwagtinge … wie sou ooit kon weet dat dit die laaste sou wees. Rus sag vriendin .. jou plekkie is leeg…. by God sal jy rus vind!! Lief jou altyd xxx

suvana ·

Ek is so hartseer. ek ken sariana maar twee maande maar nog nooit ontmoet nie. sy was ‘n kollega en was altyd so duurbaar en behulpsaam. my hart is vreeslik seer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.