Man skiet vrou met kruisboog dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Benoni is  Woensdagaand vermoedelik met ‘n kruisboog deur haar man doodgeskiet.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê inligting is nog skaars, maar die vrou se liggaam is in hul huis aangetref.

ʼn Ander man het glo omstreeks 20:20 op die vrou se man afgekom waar hy met die kruisboog rondgeloop het. Die man het met die verdagte in ʼn stryery betrokke geraak en na die huis se slaapkamer gegaan waar hy op die vrou se liggaam afgekom het. Die verdagte het die man glo begin dreig, waarna dié uit die huis gevlug en die polisie ontbied het. Dit is nog nie seker hoe die man en die verdagte verbind word nie.

“Toe die polisie op die toneel aankom, het die 39-jarige vrou in ʼn plas bloed gelê. Sy is in haar bolyf geskiet,” het Mogale gesê. Sy is op die toneel dood verklaar.

Haar 40-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die Benoni-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.