Man skiet vrou, neem eie lewe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Port Elizabeth veg vir haar lewe in ʼn plaaslike hospitaal nadat sy Woensdagaand glo deur haar man geskiet is.

Dié voorval het plaasgevind by die Cape Recife School in Somerstrand, waar die man as koshuistoesighouer gewerk het. Die man, glo in sy laat 50’s, het selfmoord gepleeg nadat hy sy vrou geskiet het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die identiteit van die man en vrou is nog nie bekendgemaak nie aangesien al hulle naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanlie ·

Genade wat gaan aan met die mensdom? Dit is so siek, as jy moeg is vir die lewe moenie iemand anders se lewe ook verwoes nie. Sterkte aan die vrou en die families.

Theresa B ·

Dis nie die wêreld nie – dis die mensdom. Almal beweeg al hoe meer weg van die Here af. Die lewe word deur hul eie oë gesien. Mense het nie meer geduld nie, voel ‘n veer vir die persoon langs jou, het nie meer tyd vir mekaar nie en lewe met die me-myself-and-I-sindroom.

ELIZE ·

“Name word nie bekend gemaak nie, want al die naasbestaandes nog nie in kennis gestel nie..” Maar jinne Maroela, julle sê dan presies waar die man gewerk het en wat sy beroep was…? Enige familie-lid of vriend wat dit lees, gaan mos nou weet van wie word gepraat, asook alle inwoners van daardie omgewing, plus al die leerlinge en hul ouers……..? Met ander woorde, dit is NET vir vreemdelinge wie in elk geval nie die mense geken het nie, van wie julle die name weerhou…… Dalk moet julle nie sulke persoonlike inligting in ‘n berig noem wat duidelik aanduiding gee van wie die mense betrokke is nie, as naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie……. Of is ek nou verkeerd?

Maryka ·

Die plaaslike koerant “Die Herald” berig dat die vrou daar werksaam was as koshuis toesighouer nie die man nie.

SNEL ·

Ek hoop sy veg en maak dit, sodat sy nog n vol lewe kan hê. Mag die Here haar versterk en genees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.