Man skiet vrou, self by polisiestasie

Parkview-polisiestasie. Foto: Google Maps

Parkview-polisiestasie. Foto: Google Maps

ʼn Man het Dinsdagoggend sy vrou in die Parkview-polisiestasie in Johannesburg doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar was glo by die polisiestasie oor ʼn voorval van huishoudelike geweld.

“Terwyl hulle besig was om vorms in te vul het die 47-jarige man uitgestap om glo sy bril te gaan haal. Hy het skielik teruggekeer en sy 45-jarige vrou in die bolyf geskiet.”

Volgens Dlamini het polisiebeamptes die man se vuurwapen probeer afneem waarna hy homself in die bolyf geskiet het. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

“Daar sal berading verskaf word aan die polisiebeamptes wat teenwoordig was tydens die voorval,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neptunus ·

Die storie is verwarrend. Hy skiet die vrou dood, voor die polisielede. Daarna probeer hulle die vuurwapen afneem, maar slaag seker nie, want hy skiet homself in die bors – dood. Onwaarskynlik, want as hulle gesien het hoe hy die vrou skiet was hulle seker almal plat agter die toonbank op die vloer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.