Man skiet vrou voor personeel op skoolterrein

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van die Oos-Kaap is in aanhouding nadat hy glo Vrydag sy vrou tydens ʼn beheerliggaamvergadering van ʼn plaaslike laerskool in die provinsie doodgeskiet het.

Kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo naby aan die hoofingang van die Laerskool Voorpos plaasgevind.

Volgens hom is ʼn ondersoek onmiddellik van stapel gestuur, maar daar was teen Vrydagmiddag nog nie meer duidelikheid rondom die voorval nie.

Intussen het Mandla Makupula, Oos-Kaapse LUR vir onderwys, sy medelye aan die geliefdes van die vrou oorgedra.

Volgens Makupula is die vrou, ʼn lid van die skool se beheerliggaam, voor die res van die beheerliggaamlede en skoolpersoneel doodgeskiet.

“Die voorval het na bewering plaasgevind tydens ʼn inligtingsessie by die skool,” sê hy. “Die polisie is onmiddellik na die toneel ontbied en ʼn saak is geopen. Nooddienste is ook kort na die skietvoorval ontbied, maar die vrou is op die toneel dood verklaar.”

Berading is glo reeds gereël vir die leerders en personeel wat ten tyde van die voorval teenwoordig was. “Ons gemeenskap is beroof van ʼn barmhartige individu wat haar eie tyd prysgegee het om te verseker dat die gemeenskap sinvol deelneem aan transformasie en opvoeding en om aan die basiese maatskaplike behoeftes te voldoen. Mag haar siel in ewige vrede rus en mag die familie vrede vind by die Almagtige.”

Die saak word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

D V ·

Tragies hoe gesins geveld al meer en meer toeneem. Sterkte vir almal wat hierdeur geraak is.

Piet Snot ·

Jip; pragtige uitdrukking, is dit nie?
Verwys na die tewaterlating van ‘n skip. Hy word in die water in gestuur van die stapel (stellasie) waar hy gebou is.

Logika ·

Mense asb. wereld nog ALTYD mal!!!! kom oor dit!!!! van die Bybel se tyd!!!! meskien nog erger daai tyd!!! as jy gaan moet jy gaan!!!! dis net die manier hoe jy hierdie lewe gaan verander!!!!

Gert ·

Dit is regtig tragies. Die SAPS moet meer doen om na hulle lede en gesinne te kyk. Geweld teen vrouens en kinders was nog nooit die norm nie. Maak nie saak die geskiedenis nie. Ons moet dit stop as Suid Afrikaners. Die SAPS is die mense wat ons moet help om dit te beveg. Maar hoe dan as hulle eie lede dan ook skuldig is. My meegevoel aand die familie en die skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.